Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kaapse strate toe met viering van Mandela-vrylating

Die Kaapse stadsraad het Sondag in ’n verklaring gesê dat Darlingstraat en verskeie ander nabygeleë paaie vanaf Maandag om 01:00 tot 22:00 Dinsdag 11 Februarie vir verkeer of gedeeltelik vir verkeer gesluit sal wees.

Richard Coleman, die woordvoerder vir die Kaapstadse verkeersdienste, het gesê die beperkinge is om ’n geleentheid aan te bied wat die 30-jaar van oudpres. Nelson Mandela se vrylating uit die tronk vier.

“Van Maandagoggend 01:00 sal geen voertuie toegelaat word om voor die stadsaal, tussen Paradestraat en Corporationstraat, te stop nie.”

Darlingstraat sal van Maandag 09:00 ook beperk word tot net twee enkelbane.

Van Maandag 18:00 sal Darlingstraat tussen Laer Pleinstraat en Buitenkant vir verkeer gesluit wees tot die vieringe afgehandel is.

Geen parkering sal ook in Corporationstraat of in Paradestraat toegelaat word nie.

Motoriste is versoek om waar moontlik alternatiewe roetes te gebruik omdat die beperkinge kan veroorsaak dat daar ’n verkeersopeenhoping is. Daar sal egter verkeerspersoneel in die gebied wees om verkeer te reguleer.

darlingstraat
Meer oor:  Nelson Mandela  |  Kaapstad  |  Mandela-Vrylating  |  Herdenking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.