Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kaapse treindienste: Werkskep hoog op Prasa se agenda

’n “Buitengewone poging” sal aangewend word om soveel moontlik werkgeleenthede te skep in die ambisieuse herstelprojek van spoorpendeldienste in die Kaapstad-metro.

Prasa se inligtingsessie Woensdag in Kaapstad. Foto: Verskaf

So belowe Bongisizwe Mpondo, administrateur van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa).

Hy het Woensdag met gemeenskapsleiers en treinpendelaarsgroepe van Langa, Philippi, Gugulethu en Mitchells Plain vergader om eerstehandse inligting te kry oor hoe Metrorail sy treindienste kan verbeter.

Sedert Prasa onder administrasie geplaas is, het Mpondo al die streke landwyd besoek en met belanghebbendes gepraat. Die verskaffing van treindienste is veral in die Wes-Kaap ’n groot uitdaging weens voortdurende brandstigting en vandalisme.

Woensdag se sessie is ook deur verteenwoordigers van kerke en sakeforums bygewoon. Dit was Mpondo se derde besoek aan Kaapstad die afgelope vier weke.

Mpondo het treinpendelaars wat die Mitchells Plain-Kapteinsklip-korridor gebruik, ingelig oor sy ambisieuse projek van R1,2 miljard om dié treindiens weer op dreef te kry.

Toe die spoorlyn in bedryf was, het bykans 220 000 pendelaars elke weeksdag daarvan gebruik gemaak, voordat dit weens voortslepende aggressiewe vandalisme opgeskort is.

Mpondo en sy tegniese span het pendelaars ingelig oor die beplande projekte en die tydraamwerk om die diens weer in werking te stel.

Inwoners het hul kommer uitgespreek oor die impak van maatskaplik-ekonomiese kwessies op treindienste, waaronder misdaad, die hoë werkloosheidsyfer, en veral jeugdiges in gemeenskappe reg langs spoorlyne.

Mpondo het afgevaardigdes verseker “ ’n buitengewone poging” sal aangewend word om soveel moontlik werkgeleenthede te skep tydens die herstelprojekte; insluitende geleenthede vir kleinsakeondernemings.

“Ons het ooreengekom om plaaslike gemeenskappe die eerste opsie vir werk te gee, want mense wat geld verdien, het ’n belang om hul belegging te beskerm.”

Ons vra gemeenskappe en pendelaars om saam te werk om te verseker dat daar geen onnodige vertragings is nie sodat dié uiters noodsaaklik diens weer op koers kan kom.

Hy sê die verskaffing van volhoubare ekonomiese geleenthede sal voorkom dat kwesbare jeugdiges deur misdaad ingetrek word.

“Ons vra gemeenskappe en pendelaars om saam te werk om te verseker dat daar geen onnodige vertragings is nie sodat dié uiters noodsaaklik diens weer op koers kan kom.

“My termyn is 12 maande en ek is nou in my derde maand. Die eerste drie maande het gegaan oor stabiliteit, die herstel van stelsels, om beleid in te stel en van ondoeltreffendheid ontslae te raak.”

Die eerste ses maande is die fokus daarop om dienslewering te bespoedig en projekte te versnel en ná 12 maande sal gefokus word op nuwe projekte om modernisering aan te wakker.

Meer oor:  Prasa  |  Kaapstad  |  Werkskepping  |  Treindienste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.