Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kaapse Vlakte-aktivis op BBC se lys van top-100-vroue

’n Vroue-en-kinderregte-aktivis van die Kaapse Vlakte het die BBC se toonaangewende lys vir inspirerende vroue gehaal.

Lucinda Evans pryk op die BBC se 2019-lys van 100 inspirerende vroue wêreldwyd. 

Lucinda EvansFoto: Verskaf

Evans, wat in Distrik Ses gebore is en in Lavender Hill grootgeword het, kon die nuus Woensdag skaars glo. “Ek is verbaas en geskok. Ek moet nog weer die e-pos gaan lees,” sê sy.

Volgens Evans aanvaar sy die eer namens bruin mense en die Khoisan-gemeenskap wat vir te lank vergete gelaat is.

“Die eer bring ek huis toe vir almal van ons. Ek wil wys dat bruin mense ook rolmodelle het en dat enigeen veranderinge in ander se lewens kan maak as ons net meer omgee,” sê sy.

BBC 100 Women 2019 sê op sy webblad te midde van toenemende verkragtings en moorde op vroue en meisies staan Evans uit as ’n stem vir vroue.

“Sy lei landwyd optogte, en kry duisende vroue byeen in die strate van Kaapstad, en daag die regering uit om beleid in aksie om te sit.”

Evans is die stigter van Philisa Abafazi Bethu (“Maak ons vroue heel”), ’n organisasie sonder winsbejag wat berading gee, soekkomitees vir ontvoerde meisies reël en veilige huise bied aan vroue wat van hul mishandelaars wil wegkom.

“Ek hoop as ’n Khoisan-vrou dat ons eendag van die geweld teen ons liggame en die liggame van ons dogters, susters, moeders en tantes vry sal wees. En ek hoop dat ons eendag ’n vrouepresident sal hê. Hiervoor sal ek aanhou veg,” sê sy op die webblad.

Evans was een die voorbokke by die massabetogings wat in September buite die parlement teen geslagsgeweld gehou is.

Lucinda Evans, ’n vroue-en-kinderregte-aktivis van die Kaapse Vlakte, het die BBC 100 Women 2019-lys gehaal. Foto: Verskaf

Lees Murray La Vita se profielonderhoud met Evans, 'n Vrou tussen bendes, bloed en laventel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.