Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Kaapstad loop deur onder stormweer

Informele nedersettings en voorstede in Kaapstad is swaar getref deur stormweer en reën wat sedert Donderdag in die gebied woed.

Charlotte Powell, woordvoerder van Kaapstad se rampbestuur, sê sommige paaie moes sluit weens bome wat ontwortel is.

“Paaie in Kloof en Laer-Kloof asook in Kloof- en Nettletonweg in die omgewing van Kampsbaai is gesluit.

’n Boom is ook in die Atlantis-nywerheidsgebied ontwortel en ’n voertuig is beskadig.

Verskeie paaie het oorstroom en die departement van vervoer is met opruimingswerk besig.

Volgens Powell sal amptenare deur die loop van die dag informele nedersettings besoek om die omvang van die skade te bepaal.

Sy sê kragonderbrekings word in talle gebiede oor die skiereiland ondervind en die inwoners van Mitchells Plain, Claremont, Philippi, Lotusrivier en Retreat se krag is tans af.

Die meteoroloog Annette Venter van eNCA het die volgende reënvalsyfers op Twitter gedeel:

Kaapstad: 50 mm, Kirstenbosch: 117 mm, Stellenbosch: 65 mm, en Geelbek: 41 mm.



Meer oor:  Kaapstad  |  Reënval  |  Storm  |  Wind
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.