Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kaapstad se gemiddelde damvlak bo 70% ná groot reën
Die vlak van die Theewaterskloofdam, die grootste opgaardam in die Wes-Kaap, het die afgelope week met byna 10% gestyg van 59,3% tot 68,6% teen Maandag. Dit is ook een van die ses groot damme wat aan Kaapstad water verskaf. Foto: Jaco Marais

Damvlakke in die Wes-Kaap het die afgelope week ’n geweldige sprong gemaak ná ’n rits kouefronte, met Kaapstad se gemiddelde damvlak wat met byna 10 persentasiepunte gestyg het.

Die Wes-Kaap se gemiddelde damvlak het teen Maandag van 45,9% tot 53,4% toegeneem, terwyl dit dié tyd verlede jaar op 47,3% gestaan het.

Kaapstad se gemiddelde damvlak het van 63,2% tot 72,6% gestyg, teenoor 61,4% in die ooreenstemmende tydperk in 2019.

Die meeste van die groot damme wat water aan Kaapstad voorsien, het in die voorafgaande sewe dae meer as 100 mm reën gekry en sommiges selfs meer as 200 mm.

Anton Bredell, Wes-Kaapse LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, het die styging in die damvlakke verwelkom en veral gewys op die stand van die Theewaterskloof- en die Clanwilliamdam.

Die Theewaterskloofdam, die grootste opgaardam in die provinsie, se vlak het van 59,3% tot 68,6% toegeneem nadat dit in die ooreenstemmende tyd verlede jaar op 51,3% was. In die voorafgaande sewe dae is 71,8 mm reën by die dam gemeet, luidens die departement van water en sanitasie se weeklikse damverslag.

Die Clanwilliamdam in die noordweste van die provinsie se vlak het die afgelope week van 29,5% tot 51,7% gestyg, teenoor 41,7% in 2019.

Die Stettynskloofdam tussen Franschhoek en Rawsonville se vlak het Maandag op 109,3% gestaan en 181 mm reën is in die voorafgaande sewe dae gemeet. Dié lesersfoto van die dam wat oorloop is op 4 Julie geneem.Foto: Riaan Swart
Anton Bredell, Wes-Kaapse LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning. Foto: Verskaf

Ander damme wat aan Kaapstad water verskaf:

• Benede-Steenbrasdam: 70,4% (55,1% verlede week);

• Bo-Steenbrasdam: 101,3% (99,6%) met 117,5 mm reën;

• Voëlvleidam: 64,7% (59,2%) met 121,6 mm reën;

• Bergrivierdam: 93,7% (82%) met 208,5 mm reën; en

• Wemmershoekdam: 66,1% (51%) met 228,8 mm reën.

Verder is die Buffeljagsdam (100,8%) naby Swellendam, die Eikenhofdam (101,9%) naby Grabouw en die Stettynskloofdam (109,3%) tussen Franschhoek en Rawsonville ook meer as 100% vol.

In die voorafgaande sewe dae is reënval bo 100 mm gemeet by die Ceresdam (179 mm), die Eikenhofdam (148 mm), die Elandskloofdam (148 mm) naby Villiersdorp en die Stettynskloofdam (181 mm).

In die Karoo het die damvlakke effens gedaal en bly talle damme se vlakke steeds uiters laag:

• Floriskraaldam naby Laingsburg: 15,8% (15,9% verlede week) met 2,6 mm reën;

• Calitzdorpdam: 51,8% (51,4%) met 3,6 mm reën;

• Leeu-Gamkadam: 22% (22,8%);

• Oukloofdam naby Prins Albert: 3,78% (3,8%) met 10,4 mm reën;

• Gamkadam naby Beaufort-Wes: 29,2% (30%) met 2,6 mm reën;

• Gamkapoortdam naby Prins Albert: 0,11% (0,14%) met 4 mm reën;

• Stompdriftdam naby Oudtshoorn: 8,53% (8,49%) met 4,2 mm reën; en

• Kammanassiedam naby Oudtshoorn: 0,1% (0,1%) met 7,8 mm reën.

In die Suid-Kaap het die meeste damvlakke net effens verander, terwyl reënval van bo 20 mm op sommige plekke gemeet is:

• Duivenhoksdam naby Heidelberg: 99,7% (99,5% verlede week) met 8 mm reën;

• Korentepoortdam naby Riversdal: 82% (79,8%) met 26,8 mm reën;

• Wolwedansdam naby Mosselbaai: 59,2% (59,9%) met 5,4 mm reën; en

• Tuinroetedam in George: 88,3% (90%) met 8 mm reën.

Meer oor:  Anton Bredell  |  Kaapstad  |  Damvlakke  |  70 %  |  Water  |  Watersituasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.