Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kaapstad se MyCiTi-N2-sneldiens staan steeds stil

Kaapstad se MyCiTi-N2-sneldiens loop steeds nie, wat beteken sowat 5 000 pendelaars van Mitchells Plain en Khayelitsha moet steeds alternatiewe vervoer gebruik.

Die MyCiTi-bushalte by die burgesentrum in die Kaapstadse middestad. Foto: MyCiTi/Twitter

Felicity Purchase, die Kaapstadse metroraad se burgemeesterskomiteelid vir vervoer, sê die onderhandeling duur voort met kontrakteurs om dié diens se wiele weer aan die rol te kry. Die vorige kontrak het op 31 Mei ten einde geloop en sedertdien staan die diens stil.

Purchase wou nie uitwei oor die haakplekke in die onderhandelingsproses nie en sê daar sal eers later meer besonderhede hieroor bekend gemaak word.

Pendelaars wat maandkaartjies gekoop het, het nog tot Vrydagaand tyd om hul geld terug te kry. Daar is volgens die metroraad se rekords 98 van die 154 betrokke pendelaars wat nog nie hul kontant teruggevra het nie.

Die probleem is egter dat dié maandkaartjiehouers nie hul kontant by die MyCiTi-kiosks in Mitchells Plain of Khayelitsha kan gaan terugvra nie. Dié kiosks moes gesluit word nadat personeel van MyCiTi daar gedreig is.

Meer oor:  Myciti  |  Kaapstad  |  Mitchells Plain  |  Khayelitsha  |  N2
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.