Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kaapstad se oorde, kampplekke heropen onder vlak 1

Die Kaapstad-metro se vakansieoorde is onder vlak 1 van die inperking heropen, terwyl kampeerterreine ook in die komende week weer vir besoekers oop sal wees.

Zahid Badroodien Foto: Facebook

Inwoners en besoekers is egter gewaarsku dat dié geriewe nie teen volle kapasiteit gaan funksioneer nie en minder plek beskikbaar gaan wees.

Kampeerplekke sal teen 12 Maart heropen en besprekings vir die Paasvakansie van 11 Maart af.

Zahid Badroodien, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid, het Vrydag gesê die metro is oorweldig deur navrae van die publiek of dié geriewe oop is in die aanloop tot die langnaweek later vandeesmaand en Paasnaweek nie te lank daarna nie.

Dit volg nadat pres. Cyril Ramaphosa einde verlede maand aangekondig het dat die land na vlak 1 van die inperking weens die Covid-19-pandemie beweeg.

Badroodien het in ’n verklaring bevestig alle oorde is reeds oop en beskikbaar vir besprekings.

Om aan die regulasies teen Covid-19 te voldoen gaan besoekers ten alle tye maskers moet dra in die oorde, besoekers en personeel sal gesif word en openbare badkamers sal drie keer ’n dag skoongemaak en ontsmet word.

“Dit is belangrik dat ons gaste hul deel doen om seker te maak dat hulle in gemak bly, maar ook veilig is. Ons het ’n dramatiese afname in besmettings gesien, maar soos dit al wyd bekend is, is nog ’n vlaag ’n regte moontlikheid.”

Indien die nasionale regulasies verander, sal die metro dalk weer moet oorweeg om sy ontspanningsgeriewe te sluit en kan besprekings dan op kort kennisgewing gekanselleer word.

Badroodien het ook benadruk dat die metro die reg voorbehou om mense toegang tot en gebruik van sy geriewe te weier indien die Covid-19-regulasies nie nagekom word nie.

Die oorde sluit in Blue Waters, Vishoek, Harmony Park, Hendon Park, Kogelbaai, Kuilsrivier-woonwapark, Macassar, Miller’s Point, Monwabisi, Silwerstroomstrand Soetwater, Voortrekkerpark en Zandvlei.

’n Volle lys van die voorwaardes vir ontspanningsgeriewe kan hier gelees word.


Meer oor:  Zahid Badroodien  |  Kaapstad  |  Vlak 1  |  Kampplekke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.