Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kaapstad skep werk terwyl verliese nasionaal ervaar word – Plato

Beleggings van meer as R11 miljard het die afgelope jaar na Kaapstad gevloei en minstens 40 000 werkgeleenthede kon geskep word deur konstruksieprojekte wat reeds aan die gang is of binnekort begin.

Dit is deur sulke pogings om werk te skep dat Kaapstad die metrogebied is met die laagste werkloosheidsyfer in die land, het Dan Plato, burgemeester van Kaapstad, Woensdag in ’n verklaring gesê.

Hy het op Jeugdag daarop gewys dat werkloosheid een van die grootste uitdagings vir jong Suid-Afrikaners is.

“Die opstand in Soweto in 1976 het ontstaan by ’n jeug wat ’n verenigde Suid-Afrika met gelyke geleenthede wou bou. En dit is dieselfde verbintenis wat ons vandag benodig om ’n gemeenskap te bou wat verenig en gefokus is op groei,” lui Plato se verklaring.

Van die metro se pogings om werk te skep, behels die jaarlikse #YouthStartChallenge waar jong mense tussen 18 en 35 jaar deur volhoubare sakeplanne wat werksgeleenthede kan skep, opleiding en ontwikkelingsgeleenthede kry.

Plato sê die kwartaallikse peilings vir Januarie tot Maart vanjaar dui daarop dat indiensneming in Kaapstad se formele en informele sektor met 20 000 gegroei het, terwyl die nasionale ekonomie ’n verlies aan werksgeleenthede ervaar het.

Hy het ’n beroep op die nasionale regering gedoen om sy Covid-19-inentingsprogram te bespoedig sodat sakebedrywighede weer normaal kan voortgaan. Dit sal ook die ekonomie se herstelproses aanhelp.

Luidens die jongste statistieke van die nasionale gesondheidsdepartement is net meer as 1,8 miljoen mense in Suid-Afrika reeds teen Covid-19 ingeënt. Hiervan is 289 183 in die Wes-Kaap.

Meer oor:  Dan Plato  |  Beleggings  |  Kaapstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.