Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kaapstad soek menseredders vir vakansietyd

Soos dit begin somer word en die vakansietyd naderstap, is die Kaapstadse metro besig met die aansoekproses vir menseredders by strande en munisipale swembaddens.

Hy verwag egter dat daar baie minder mense as gewoonlik gaan wees waarna die honderde menseredders sal moet omsien.

“Ons verwag onvoorspelbare getalle mense in die somerseisoen vanjaar omdat daar min tot geen internasionale toeriste gaan wees nie, skoolvakansies verkort is en plaaslike mense waarskynlik nie verlofdae sal hê om op ’n vakansie in Kaapstad te gebruik nie,” lui ’n verklaring van die Kaapstad-metro.

“Die vermoë van die swembaddens moet ook moontlik aangepas word om aan vereistes vir gesonde afstande te voldoen.”

Die menseredders wat aansoek doen, sal ook bereid moet wees om in hoërisiko-omstandighede te werk weens die voortslepende Covid-19-pandemie.

Benewens ’n lang lys vereistes waaraan die menseredders moet voldoen, moet hulle ook beskermende toerusting reg kan gebruik.

Die Kaapstad-metro se afdeling vir parke en ontspanning adverteer sowat 330 poste vir seisoenale menseredders op strande, en 290 by swembaddens.

Die getalle is byna dieselfde as verlede jaar omdat almal nodig sal wees as alle swembaddens en strande oopmaak.

Gewoonlik neem die werwingsproses weke in beslag, met dokumente wat ingehandig moet word en onderhoude wat gevoer word.

Met Covid-19 moes dit aangepas word en alle aansoeke moet nou aanlyn gedoen word. Daar sal beperkte kontaksessies wees.

“Ons menseredders doen elke jaar fenomenale werk om baaiers veilig te hou en die ekstra myl te stap as langer werksure benodig word,” sê Zahid Badroodien, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid en gesondheid.

“Hulle monitor meer as net die aktiwiteite in die water, maar is ook daar om lewens te red en te verseker dat almal die reëls nakom. Om ’n menseredder te wees, verg krag en waagmoed, en ek wil mense aanmoedig om aansoek te doen.”

Menseredders sal by 24 strande, sewe getypoele en 35 munisipale swembaddens geplaas word. Aansoeke sluit volgende Woensdag.

Inligting oor die minimum vereistes en aansoekvorms kan aanlyn gevind word by www.capetown.gov.za/lifeguards.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.