Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kaartjies vir lugskou by Waterkloof-basis beskikbaar

Die Afrika-lugvaart-en-verdedigingsekspo word van 19 tot 23 September by die Waterkloof- lugmagbasis gehou. Dis die enigste ekspo in sy soort in Afrika.

In 2016 het meer as 90 000 mense die ekspo bygewoon. Die eerste drie dae is ’n handelskou terwyl die laaste twee dae die lugskou, wat vir die publiek oop is, insluit.

Laasgenoemde sal oudergewoonte verskeie vliegtuigdemonstrasies, in die lug en op die grond, valskermspringers, modelvliegtuie en ’n program vir die jeug insluit.

  • Kaartjies is reeds by Computicket te koop. Kaartjies vir pensioentrekkers en kinders kos R90 en vir volwassenes is dit R130. Meer inligting is by aadexpo.co.za of op die AAD 2018-app op iOS of Android beskikbaar.
Meer oor:  Waterkloof-Basis  |  Lugskou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.