Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kabel ‘breek’ internet weer

Asof Suid-Afrikaners nie Saterdag genoeg gehad het om hulle oor te bekommer nie, moes hulle ook hoor die West African Cable System (Wacs), die ondersese kabel wat die land aan die internet verbind, is opnuut flenters.

Suid-Afrikaners kan opnuut trae internetverbindings ervaar nadat die Wacs-kabel weer gebreek het, skaars twee maande na ‘n vorige breuk. Foto: zahwayra.wordpress.com

Die stukkende kabel kan internetspoed aansienlik vertraag.

Duisende ondernemings wat andersins weens die inperking nie sou kon funksioneer nie, se werknemers kan danksy hoëspoed-internetverbinding steeds produktief wees.

En nog meer huishoudings gebruik die internet om met ander mense in aanraking te bly en om inligting en vermaak te kry.

Die kabel het in Januarie vanjaar ook gebreek weens ’n kortsluiting.

Lynette Wood, bestuurder by Tenet, ’n navorsingsnetwerk van tersiêre instellings, het per e-pos aan Rapport bevestig dat die kabel sedert Vrydag skuins voor middernag nie meer internetverkeer gelei nie.

“Daar is ’n breuk tussen Highbridge (in Brittanje) en Seixal in Portugal – onder die see.”

Hierdie spesifieke gedeelte van die Wacs-kabel word deur die Indiese maatskappy Tata besit.

Volgens Wood het Tata bevestig hulle gaan ’n skip stuur om die kabel te herstel. Dit sal ongeveer drie dae neem om te vaar tot by die plek waar die breuk is.

Die Suid-Afrikaanse nasionale navorsings- en opleidingsnetwerk maan dat diegene wat internetdiensverskaffers gebruik wat nié toegang het tot ander kabels nie, erge ontwrigtings sal ervaar, soos onder meer trae lynspoed.

Die Wacs-kabel strek van Londen in Brittanje waar dit ondergronds loop tot aan die Engelse kus, deur onder meer Portugal, die Kanariese Eilande, die Kongo, Angola en Swakopmund en uiteindelik tot by Yzerfontein, noord van Kaapstad.

In Januarie het dit die herstelskip Leon Thevenin ’n week geneem om tot by die breek-plek naby Angola te vaar.

Die kabel is in middel Februarie herstel.

Suid-Afrikaanse internetgebruikers het sedert 16 Januarie tot met die kabel se herstel in Februarie met tye erge trae internet-aflaaispoed van flieks, groot dokumente en e-pos ervaar.

Meer oor:  Internet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.