Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Kabeldiefstal nie uitgeskakel’ ná substasie brand

Die moontlikheid dat kabeldiefstal die oorsaak van ’n brand by die Randfontein-substasie aan die Wes-Rand was, kan nie uitgeskakel word nie, sê Tshidiso Tlharipe, woordvoerder van die Rand West City- plaaslike munisipaliteit.

substasie, ontploffing
Die Randfontein-substasie aan die Wes-Rand in ligte laai. Foto: Twitter

Talle woongebiede in Randfontein en omliggende gebiede was tot Saterdag om 20:00 sonder krag toe tegnici die kragtoevoer kon herstel.

Eskom probeer bepaal hoe die transformator Saterdag aan die brand geraak het.

Eskom-werkers sal Maandag die beskadigde transformator vervang en volgens Tlharipe hoort dit nie die kragtoevoer in die omgewing te raak nie.

Hy sê Eskom probeer in sy ondersoek bepaal of sabotasie, onder meer kabeldiefstal, die oorsaak van die brand kon wees.

“Daar is net twee veiligheidswagte en na my mening is dit te min. Dit is ook aan die buitewyke van die dorp, wat die substasie kwesbaar vir diefstal laat.

“Daar is boonop deesdae ’n patroon in Gauteng waar substasies aan die brand raak. Eskom moet bepaal of hierdie brande aan sabotasie toegeskryf kan word,” sê hy.

Dikatso Mothae, Eskom-woordvoerder, sê sy is nie bewus daarvan dat sabotasie vermoed word nie. “Daar is bloot ’n ondersoek begin om te bepaal wat gebeur het.”

Die Randfontein Herald berig die polisie ondersoek die voorval.

Op 21 Maart was dele van Tembisa en Ivory Park naby Midrand ook sonder elektrisiteit nadat die Allandale-substasie by Tembisa op 20 Maart aan die brand geraak het. Eskom probeer nog die oorsaak van dié brand bepaal.

Meer oor:  Wes-Rand  |  Kabeldiefstal  |  Ontploffing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.