Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kalkbaai en Maboneng is ‘koel’, sê Forbes

Kalkbaai en die Maboneng-gebied in Johannesburg pronk op Forbes se lys van die “koelste woonbuurte in die wêreld”.

Ann Abel van dié Amerikaanse saketydskrif het haar gunstelingreisfoendi’s gevra watter plekke hulle tans aan toeriste sal aanbeveel. Sy het nie in die ooglopende toeriste-trekpleisters belang gestel nie, maar wou eerder wenke kry oor plekke waar die plaaslike mense graag uithang.

Melissa Biggs Bradley, stigter van Indagare Travel, beveel die kunstige Maboneng-gebied in Johannesburg aan met sy kulturele aanbod soos die Museum van Afrika, kunsgalerye en ’n wye verskeidenheid restaurante.

Oor Kalkbaai sê Tom Marchant, stigter van die reisagentskap Black Tomato, sy “ouwêreldse kafees, eenvoudige vissersbote en kleurvolle winkelvooraansigte” trek mense van die Kaapse metropool aan.

Alan Winde, Wes-Kaapse LUR vir ekonomiese ontwikkeling, sê danksy dié artikel kan meer internasionale besoekers voortaan in die kusdorpie verwag word.

“Die Wes-Kaap het baie karaktervolle juwele soos Kalkbaai en ons moedig plaaslike inwoners en besoekers aan om hulle te verken,” sê Winde.

Hier is die volledige lys van woonbuurte wat die kenners aanbeveel:

  • Barcelona (Spanje) – Saints
  • Washington DC (Amerika) – Navy Yard
  • Amsterdam (Nederland) – Amsterdam-Noord
  • Cartagena (Colombia) – Getsemani
  • Johannesburg – Maboneng
  • Tbilisi (Georgië) – Plekhanof
  • Panamastad (Panama) – Casco Viejo
  • Saigon (Viëtnam) – Distrik 5
  • Athene (Griekeland) – Kerameikos
  • Seoel (Suid-Korea) – Seongsu-dong
  • Chicago (Amerika) – Pilsen
  • Kaapstad – Kalkbaai


Meer oor:  Forbes  |  Maboneng  |  Kalkbaai
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.