Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kameelperd trap ma, seuntjie

'n Ma en haar driejarige seun is Maandagmiddag ernstig beseer toe 'n kameelperd hulle op 'n plaas buite Hoedspruit in Limpopo bestorm en getrap het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê die ma en haar seun moes per noodhelikopter na Johannesburg gevlieg word.

Hoedspruit Medical Rescue was eerste op die toneel waar die ma en kind deur die kameelperd beseer is.

ER24 is ook ontbied en moes help om die ma en seun eers te stabiliseer voordat hulle met 'n helikopter van die nooddiens na die Busamed Modderfontein-hospitaal in Johannesburg geneem is.

Meer hieroor later.

Meer oor:  Hoedspruit  |  Kameelperd
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.