Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kanker eis bekende oudskoolhoof

Sarel de Jager (78), voormalige provinsiale rugbyspeler en afgetrede skoolhoof, is Maandag in Parys dood nadat hy die afgelope tyd baie siek was weens aggressiewe longkanker.

De Jager het in vyf wedstryde vir die Vrystaat uitgedraf, waaronder een wedstryd teen die Wallabies in 1969.

Sarel de Jager, oudrugbyspeler en skoolhoofFoto: Facebook

Sy broer Sollie sê hy en De Jager het nog in November saam gekuier, maar daarna het hy baie siek geword.

“Sarel het die familie bymekaar gehou en familiebyeenkomste gereël.”

Hy het ook baie navorsing oor die familiegeskiedenis gedoen en die afgelope paar jaar baie moeite gedoen om ’n volledige familieregister saam te stel.

Die De Jager-gesin het op die plaas Bagshot buite Harrismith grootgeword. De Jager, wat een van 11 kinders was, het onlangs ’n familiebyeenkoms op dié plaas gereël. Hy het gereeld vir die Bloemfonteinse onderwyskollege rugby gespeel, maar beserings het sy rugbyloopbaan kortgeknip. Hy was bekend as ’n goeie skolerugbyafrigter en seuns onder sy afrigting het uitgeblink, sê Sollie.

De Jager het by die Hoërskool Sand du Plessis in Bloemfontein skoolgehou. Hy was skoolhoof van die buitelugskool op Zastron en later hoof van die Hoërskool Zastron. Hy is in 1988 na Parys waar hy tot en met sy aftrede in 1996 hoof van die Hoërskool Parys was.

Hier was hy baie betrokke by die kerk en het hy tot onlangs as kerkbestuurder by die NG Kerk in Parys se Oos-gemeente gewerk.

Ina de Jager, sy skoonsuster, sê hy was ’n ernstige mens, maar met ’n goeie sin vir humor.

Hy laat sy vrou, Rina, drie kinders, Sarel, AJ en Maryn, en vyf kleinkinders agter.

Nog geen begrafnisreëlings is getref nie.

Meer oor:  Parys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.