Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kanker eis legende en oorlogsheld
Wyle maj. Arthur Walker saam met sy dogter, Bianca, en vrou, Suzanne. Foto: Verskaf

Bloemfontein. – “Nag ou Grote.” Só lui een van die inskrywings op Facebook ná die dood van maj. Arthur Walker (63), ’n oorlogsheld van die ou Suid-Afrikaanse Weermag (SAW), wat gister in Pretoria aan kanker oorlede is.

Walker was op sy dag ’n Suid-Afrikaanse helikoptervlieënier en het twee keer die Honoris Crux-medalje (goud), die hoogste militêre eerbewys vir buitengewone dapperheid in die ou bedeling, ontvang.

Hy het onder meer in Desember 1981 in die Grensoorlog by Ondangwa in die bos te midde van swaar geweervuur met sy helikopter geland om die bemanning van ’n helikopter wat afgeskiet is, te red.

Hy was die seun van die bekende gholfspeler Arthur Walker en skoonseun van die Bloemfonteinse oud-LV en ambassadeur Gert Terblanche. ­Hy was met Terblanche se dogter, Santie (Suzanne), getroud. Hul dogter, Bianca, is ’n student aan die Universiteit van Pretoria.

Ou kamerade oorweeg ’n versoek vir ’n militêre begrafnis.

Garry Wright, al 35 jaar ’n boesemvriend uit hul weermag-dae­, sê hy sal Walker as ’n baie goeie en lojale vriend onthou.

“Hy was ’n legende in die weermag en lugmag en was ’n uitermate lojale mens. Die soort mens wat ’n mens graag as ’n vriend sou wou hê. Die lewe gaan baie armer sonder hom wees.”

Walker het destyds aan die King Edward VII-skool in Johannesburg gematrikuleer, waarna hy in 1971 na die weermag is. Hy het sy “vlerkies” in 1977 gekry en het onder meer vir 7 Eskader, die destydse Rhodesiese lugmag, gevlieg voordat hy hom in 1980 weer by die Suid-Afrikaanse Lugmag aangesluit het. Hy het ook vir Eskom gevlieg en hul vlieëniers opgelei en hy het ook mediese reddingshelikopters gevlieg.

Begrafnisreëlings is nog nie gefinaliseer nie.

Meer oor:  Sterfgeval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.