Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kanker eis Peter de Villiers se dogter

Die oud-Springbokafrigter Peter de Villiers (62) en sy vrou, Theresa, is in rou gedompel nadat kanker hul dogter Odille Monk (28) geëis het.

Peter de Villiers, Odille Monk
Peter de Villiers en sy dogter Odille Monk. De Villiers het hierby geskryf hy kyk die rugby saam met haar in die hospitaal. Foto: Facebook

De Villiers het Sondagoggend sy profielfoto op Facebook swart gemaak. Boodskappe van medelye stroom in.

Odille is verlede jaar met ’n kwaadaardige gewas (limfoomkanker) in haar bors gediagnoseer.

De Villiers was by elkeen van sy jongste dogter se chemoterapie-sessies, is vantevore berig.

Odille en haar man, Scott Monk, is verlede jaar op 20 Desember getroud nadat sy reeds siek geword het. Die egpaar het in haar ouerhuis in die Paarl gewoon sodat almal kon saamstaan met haar versorging. Die De Villiers-egpaar het ook ’n ouer dogter.

Van die boodskappe op De Villers se Facebookblad lui:

* “Innige meegevoel aan u en die familie . . . Hy het die mooiste blom kom pluk . . . Dit was ’n voorreg om haar te verpleeg en as vriendin te hê.”

* “Sterkte oom Peter de Villiers en familie, mag julle die nabyheid van God se teenwoordigheid voel in die tyd van rou. Bid vir julle.”

* “Coachie . . . Ek is so jammer oor julle hartseer. Mag die Here julle styf vashou en vertroos.”

* “Coach, my hart gaan uit na julle in hierdie donker tyd. Ek weet dat God julle sal deurdra in die tyd. Sterkte my vriend en Theresa.”

Peter de Villiers het sy profielfoto Sondagoggend swart gemaak.Foto: Facebook
Een van die boodskappe van medelye. Peter de Villiers saam met sy dogter Odille vir een van haar chemoterapie-sessies.Foto: Facebook

Meer oor:  Peter De Villiers  |  Kanker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.