Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kanker, 'n blinde oog . . . en toe wen hy R17 m.

’n Man van die Noordwes wat verlede jaar met aggressiewe prostaatkanker gediagnoseer en vanjaar alle sig in sy een oog verloor het, kan weer moed skep nadat hy R17 miljoen gewen het met die Lotto-boerpot.

Dit kon ook nie op ’n beter tyd gekom het nie, want in Junie vanjaar het hy sy laaste salaristjek ontvang omdat sy siekverlof uitgeloop het.

Ithuba, wat die Lotto bestuur, het Donderdag in ’n verklaring gesê die wenner het R45 bestee – en met die geluk uiteindelik aan sy kant op 26 Julie die boerpot van R17 527 655,10 gewen.

Vir die wenner was die paadjie sedert sy diagnose in Februarie verlede jaar ’n pynlike, moeisame een.

“Nadat ek uitgevind het ek het ’n aggressiewe vorm van prostaatkanker, het dit gevoel of my lewe tot ’n einde gekom het,” sê hy luidens die verklaring.

“Ek het begin met behandeling en kon maar net hoop op die beste.”

Ons het reeds gesukkel om kop bo water te hou, omdat ek nie meer ’n volle salaris ontvang het nie.

Maar op 18 Mei vanjaar, net toe hy dink die ergste is verby, tref die teëspoed weer terwyl hy op pad werk toe was.

“Ek moet baie reis vir my werk, en op dié dag het ek net gevoel hoe my een oog dof begin raak. Ek het gesukkel om die pad te sien.

“Ek is dokter toe en hy het gereël vir ’n noodoperasie. Dit was egter onsuksesvol en ek het alle sig in my linkeroog verloor.”

Hy kon nie meer werk nie, en in Junie het hy sy laaste salaris ontvang.

“Ons het reeds gesukkel om kop bo water te hou, omdat ek nie meer ’n volle salaris ontvang het nie.

“Dit was moeilik so sonder ’n stabiele inkomste, en as die broodwinner het ek regtig gedink ons gaan nou alles verloor.”

Toe, op 26 Julie, koop hy R45 se Lotto-kaartjies – en sy vertroue dat hy eendag die Lotto sou wen, is beloon.

Hy het intussen ook die goeie nuus van sy dokter gekry dat daar nie meer tekens is van die kanker nie.

“Dink jou net in hoe ek gevoel het toe ek dié nuus kry! Ek het nou weer moed om aan te gaan.”

Hy het die Lotto-nuus eerste met sy vrou gedeel.

“Ons albei het in trane uitgebars, want ons kon dit eintlik nie glo nie.”

Met die wengeld kan hy nou ook ’n tweede oogoperasie bekostig.

Hy beplan om sy “aftrede” te geniet, gaan van die geld belê, vir sy kinders ’n deel gee en sy kleinseun die motor koop wat hy lankal vir hom belowe het.

Ithuba het die wenner gehelp met finansiële raad en berading.

Meer oor:  Noordwes  |  Ithuba  |  Lotto
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.