Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kans net 3% dat Jonty weer gaan loop

Hy kan dalk nooit weer loop nie.

Gaan dit hom onderkry? Beslis nie, sê Jonty Jacobs (28), die man van Pretoria wat ten aanskoue van sy sesjarige dogtertjie op ’n plaas in Leeuwfontein naby Roodeplaat in Pretoria deur rowers geskiet is.

Jonty Jacobs. Hy is nog positief dat hy die gebruik van sy bene sal terugkry. Foto: Facebook

Drie rowers het hom op 20 Junie in sy huis oorrompel en met ’n televisie, selfoon en sy verloofde, Doreen Lubbe (43), se handsak gevlug.

Jacobs het verlede week die nuus gekry dat sy kanse om weer te kan loop 3% is.

Volgens sy pa, Danie, het die nuus Jonty onkant gevang, maar ook nie vir lank nie.

“Hy is eintlik meer positief as ek in die stadium. Hy steur hom nie aan die 3% nie,” sê Danie.

Sy seun staan vas in sy geloof en kyk met oë vol hoop na die toekoms.

Volgens Danie is dit ’n goeie ding, want Jonty se rehabilitasie is nog lank nie verby nie.

Hy sal volgende week as ’n buitepasiënt met verdere rehabilitasie by die Mediclinic Muelmed in Pretoria begin.

Voor dit was Jonty amper ’n maand lank in die Steve Biko Akademiese Hospitaal, waar hy geveg het om sy lewe.

Hy is twee keer raakgeskiet. Daar is veral baie skade aan sy longe en dis volgens Danie ’n groot wonderwerk dat dit volkome genees het.

“Wat sy bolyf betref, is Jonty eintlik nou heeltemal gesond, dit is nog net sy bene. Ons hoop en bid vir volkome herstel,” sê Danie.

Verlede week se skanderings het gewys dat daar nog baie eina is aan die rugmurg. Die koeëls het vreeslike skade aangerig.

Rapport het vroeër berig dat die tweede koeël skade aan sy T7- en T8-werwel aangerig het. Destyds was Jonty se rugmurg nog te ontsteek en geswel vir dokters om ’n prognose te maak.

“Verlede week se skanderings het gewys dat daar nog baie eina is aan die rugmurg. Die koeëls het vreeslike skade aangerig,” sê Danie.

Intussen hoop die mediese rekeninge op en is daar reeds talle geldinsamelings gehou.

Die Afrikaanse sanger Blackie Swart bied juis Donderdag nog ’n konsert aan om Jonty se rehabilitasie by Muelmed te finansier.

Swart skryf op sy Facebook-blad dat Jonty sy klankman was en pleit by mense om die konsert te ondersteun.

Dié konsert word Donderdag van 18:00 by die Centurion-teater in Pretoria aangebied en die kaartjies is by TIXSA.co.za beskikbaar.


Meer oor:  Doreen Lubbe  |  Jonty Jacobs  |  Loop  |  Skiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.