Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kansa-man omring deur geliefdes tydens Covid-19-sterfte

Die landwye personeelbestuurder van die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) is Donderdagoggend aan Covid-19 dood.

10 Junie was ook die dag 41 jaar gelede toe Cobus van der Walt (63) tydens Operasie Smokeshell in Angola in ’n Ratel was. Dertien van sy makkers is op dié dag dood.

Cobus van der Walt, die landwye personeelbestuurder van Kansa, is Donderdagoggend aan Covid-19 oorlede. By hom is Elmay Mitchell, sy kleindogter. Foto: Verskaf

Elna, sy vrou en die eienaar en instrukteur van die Elna van der Walt-balletskool, sê hoewel hulle baie hartseer oor sy skielike afsterwe is, was dit ’n spesiale afskeid omdat sy, hul twee kinders en skoonseun by hom was toe hy om 05:30 sy laaste asem uitgeblaas het.

Van der Walt en die drie kinders is vroeër positief vir die virus getoets. Almal het gesond geword, behalwe Van der Walt.

Elna, Nico en Elrine Mitchell, die egpaar se kinders, en Vincent, Elrine se man, het hom vasgehou terwyl hy gesterf het.

“Ons het baie gehuil en vir hom gesê dat dit reg is dat hy na die Here kan gaan,” sê Elna.

Hul laaste hoop was die “traggie” (lugpypinsnyding) wat dr. Bert Top van Mediclinic Bloemfontein Dinsdag gedoen het.

Elna van der Walt, die eienaar en instrukteur van die Elna van der Walt-balletskool, en haar man, Cobus. Hy is Donderdagoggend aan Covid-19 dood. Foto: Verskaf

Dit is nadat hy oortuig was Van der Walt gaan nie Maandag oorleef nie.

Elna sê die dokter het hulle baie mooi deur die proses begelei, soos Maandag toe hy gesê het Van der Walt se “longe is dood” toe dit spierwit vertoon.

Van der Walt het vyf jaar gelede ’n hartaanval gehad en dit is toe dat Kansa hom ’n permanente pos aangebied het. Hy het sy mensehulpbronne-maatskappy aan Nico oorgelaat.

Hy het verlede jaar in ’n stadium aan Netwerk24 vertel van Kansa se groot projekte wat weens die virussiekte in die slag gebly het. “Dit het hom baie ondergekry,” sê Elna. Hulle was 37 jaar getroud.

“Cobus het absoluut die grond aanbid waarop ek loop.”

Sy sê hy het ook geleef vir Elmay, sy kleindogter.

Sy roudiens is Dinsdag om 11:00 in die NG kerk Heuwelkruin.

• Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes het die Vrystaat Woensdag 9 067 aktiewe koronavirusgevalle gehad en die Noord-Kaap 7 765.

covid-19, noord-kaap
covid-19, grafika, vrystaat
Meer oor:  Kansa  |  Cobus Van Der Walt  |  3De Vlaag  |  Koronavirus  |  Afskeid  |  Pandemie  |  Dood  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.