Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kapenaar se fraaie voetjies laat die monde water

Party ouens hou van bene. Ander beloer ’n meisie se halslyn. Maar vir sommige is dit kaal voete wat die liefdesvuur aansteek.

’n Jong vrou verkoop hierdie soort foto’s van haar voete.

En só graag bekyk party van hulle ’n meisie se kale voete, dat een Kapenaar ’n gawe inkomste verdien met foto’s van haar mooi gemanikuurde toontjies.

Dié 20-jarige van Kaapstad sê sy het ’n kliënt wat haar elke week R350 betaal vir ’n drie minuut lange video van haar voete.

Sy is een van talle vroue oor die wêreld heen wat foto’s en video’s van hul voete op die internet deel teen betaling. Sy het ook al ’n regstreekse uitsending van tussen vyf en agt minute lank gehou vir $18 (sowat R250).

Die inhoud word op die gebruiker se versoek geskep, maar dié Kapenaar het streng reëls: dis net voete, niks meer nie.

Samantha het ’n anonieme Instagram-profiel geskep met die uitsluitlike doel om haar produk te bemark. Sy deel foto’s of video’s van haar shoe play, oftewel voete in hoëhak- en ooptoonskoene, om aanhangers te lok – alles natuurlik geneem met die perfekte beligting en kamerahoek en die regte musiek in die agtergrond as dit ’n video is.

‘Jou maat aanbid letterlik jou voete.’

“Jy weet hoe mense sê dat jy nie die koei wil koop as jy die melk gratis kan kry nie? In wese is dit dieselfde soort ding,” sê Samantha.

Sy wys daarom net die helfte van haar voet op die bemarkingsfoto’s, net genoeg om mense te lok om vir die res te betaal.

Sy het in ’n streng Christelike huishouding grootgeword en meestal met haar neus in ’n boek gesit. Haar ma was ’n enkelma en nogal oorbeskermend. Sy het haar probeer beskerm teen die “gevare van die wêreld – mans insluitende”.

Dus sou sy nooit in haar wildste drome kon raai dat sy eendag “sagte pornografie” sou maak nie.

’n Voormalige kêrel het ’n voetfetisj gehad en haar aan dié “nismark” voorgestel. Hy het haar gehelp om haar foto’s en video’s te beplan en met idees vorendag gekom. Hy het haar ook bekend gestel aan aanlyn platforms soos Reddit waar sy haar foto’s en video’s kon verkoop.

Party mense verkies hakskene.

“Hulle (die kopers) se hoofprioriteit is nie jou gesig nie, nie jou borste nie, dit is eintlik net jou voete.”

En moenie glo alle voetaanhangers se behoeftes is dieselfde nie. Daar is ’n hele wêreld van mense met spesifieke fetisje; sommige stel belang in die voetsool terwyl ander die tone of die boog van die voet verkies. Laasgenoemde het haar eks se hart vinniger laat klop.

“Hy was meer aangetrokke tot die boë as enigiets anders,” sê Samantha.

Sy was die eerste persoon met wie hy sy fetisj gedeel het.

“Ek wou nie hê hy moet terughou van wie hy is nie. Dit is (ook) nie net lekker vir die man in die situasie nie. As jy sien hoe jou maat jou voete letterlik aanbid, is dit ’n groot hupstoot vir jou ego.”

Haar kliënt hou van “self-worship” – wat insluit dat vroue selfs hul eie tone lek. Sommige aanhangers hou weer daarvan as iemand op kos trap.

Het sy al ooit haar bedenkinge gehad oor haar buitemuurse aktiwiteite?

“Ja, daar was al ’n hele paar keer dat ek net ’n blaaskans moes neem omdat jy besef dat, al is dit ’n onderdanige fetisj, seksualiseer hulle jou steeds.

“Een ding wat ek myself aan herinner is dat hulle na my toe kom. Hulle het my nodig, ek het hulle nie nodig nie.”

Meer oor:  Voete
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.