Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Kaper’ in hospitaal gevang ná slagoffer hom herken

Port Elizabeth. – Toe ’n vermeende kaper Sondagoggend houtgerus op mediese dienste by ’n plaaslike hospitaal op die dorp Thornhill gewag het, is hy deur een van sy slagoffers uitgeken en byna oombliklik vasgetrek.

Die kapingsdrama het in die vroeë oggendure voor ’n taverne ontvou toe twee mans ’n motorbestuurder vir ’n saamrygeleentheid na Loerie gevra het.

Die motoreienaar, wat reeds ’n man en vrou as passasiers gehad het, het ingestem, maar is deur sy nuwe passasiers oorrompel. Die kapers het glo albei vuurwapens uitgepluk en die bestuurder na die agterste sitplek gedwing.

Volgens sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, het die vroulike passasier by die motor uitgespring en probeer vlug, maar is sy deur die kapers in die been gewond. Een van die boosdoeners het haar na bewering toe oor sy skouer gegooi en haar weer in die motor ingeboender voordat hulle in die rigting van die Baai gery het.

Die motoreienaar het glo probeer terugveg en na een van die kapers se vuurwapens gegryp, waarin hy per ongeluk ’n skoot afgevuur het wat een van die kapers in die skouer gewond het.

Sy makker het die motor tot stilstand gebring en die motoreienaar op die agterste sitplek doodgeskiet voordat die twee passasiers te voet gevlug het.

Die gewonde kaper was egter glo onbewus dat die oorlewende twee slagoffers by dieselfde hospitaal as hy vir mediese hulp sou aanklop.

“Die man het die vermeende kaper onmiddellik uitgeken en die polisie het dadelik gereageer en hom in hegtenis geneem,” sê Nkohli. “Intussen soek ons nog na die verdagte se makker.”

Meer oor:  Port Elizabeth
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.