Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kaptein in polisie sterf op voorstoep aan Covid-19
Deon, Zoë en Connie Jooste. Foto: Verskaf

Hulle was op pad na die dokter toe hy op sy huis se voorstoep “ophou asemhaal”.

Kapt. Deon Jooste (51), bevelvoerder van sigbare polisiëring van die Moorreesburg-polisiekantoor, het op 7 Julie aan Covid-19 gesterf.

Deon Jooste was ’n groot All Black-ondersteuner. Foto: Verskaf

Ao. Connie Jooste (48), sy vrou van sowat 16 jaar, sê sy en hul dogter, Zoë (15), was met hom na die dokter op pad toe hy gesterf het.

Deon was sowat 30 jaar in die polisie.

Connie is aan die Redelinghuys-polisiekantoor verbonde.

Sy sê toe Deon haar op 1 Julie inlig dat hy Covid-19 het, is sy dadelik huis toe.

“Ek bly in die week op Redelinghuys. Zoë en haar pa is dan by ons huis in Malmesbury.”

Connie het self al twee keer Covid-19 opgedoen. Die eerste keer was in Januarie en die tweede keer was sowat ’n maand gelede.

Sy sê Deon het Covid-19 by die werk opgedoen.

“Hy het aanvanklik heeltyd gesê hy is oukei. Ek wou hom al vroeër hospitaal toe neem, maar hy wou nie gaan nie. Hy het heeltyd gesê hy is oukei.”

Kapt. Deon Jooste is op pad dokter toe aan Covid-19 dood. Foto: Facebook

Sy het later besef dat hy sukkel, maar toe hulle op 7 Julie met hom na die dokter op pad is, was dit reeds te laat.

“Ek en Zoë het gesien hoe hy doodgaan. Ek het nog vir hom gesê hy moet aanhou asemhaal, maar toe was hy weg,” sê Connie. “Hy het vreedsaam gelyk, soos iemand wat slaap.”

Deon het nog twee kinders uit ’n vorige huwelik.

Connie sê sy mis Deon se singery. “As ons so gekuier het, het hy gereeld ‘My Way’ van Frank Sinatra gesing. Hy het baie mooi gesing.”

Doretta Arendse (69), ’n liefdadigheidswerker, sê sy het Deon deur Connie leer ken. “Hy was ’n reus met ’n sagte hart. Ons het gereeld na die plase gegaan om eetgoedjies vir plaaskinders uit te deel. Hy was ’n gebore gemeenskapsmens.”

Phillip van der Berg (54) het Deon in die polisie ontmoet en het hom 18 jaar lank geken. Van der Berg werk tans by die George-polisiekantoor.

“Deon was ’n mense-mens. Hy was een van die hardwerkendste mense wat ek geken het,” sê hy.

Connie sê sy sal nooit vergeet hoe trots Deon was elke keer wanneer hy sy uniform aangetrek het nie.

“Ek gaan sy lyf langs myne mis. Hy was my forever,” sê sy.

Hy word Saterdag begrawe.

Meer oor:  Polisiekaptein  |  Polisielid  |  Covid-Sterfte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.