SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Algemeen
Kaptein van 1ste rugbyspan kritiek ná hy vlamme beveg

’n Biddiens is Donderdagoggend by die Hoërskool Reitz gehou vir hul eerste rugbyspankaptein wat in ’n kritieke toestand is nadat hy ernstige brandwonde in ’n veldbrand op ’n familieplaas opgedoen het.

Dian (Didi) Terblanche (18). Foto: Facebook

Dian (Didi) Terblanche (18), ’n matriekleerling, het derdegraadse brandwonde oor 85% van sy liggaam opgedoen nadat vlamme hom in ’n veldbrand op hul plaas Mara in die Reitz-distrik in die Oos-Vrystaat oorval het.

Hy is in ’n kritieke toestand in die Milpark-hospitaal in Johannesburg opgeneem. Nie die hospitaalwoordvoerder óf Dian se gesin wil kommentaar oor sy toestand lewer nie.

Volgens inligting praat sy gesinslede voortdurend met deskundiges oor sy herstelproses. Sy organe is nie sterk genoeg om ’n operasie te ondergaan nie. Groot dele van Dian se lyf is glo geswel en die volgende twee dae is kritiek vir sy herstelproses.

Dieter Terblanche, sy pa, het ook brandwonde aan sy gesig in die brand opgedoen. Hy het reeds behandeling daarvoor gekry, maar hy word weens sy wonde nie naby Dian in die hospitaal toegelaat nie.

Dian se ma, Riana, ’n onderwyseres by die Hoërskool Reitz, waak by haar seun se hospitaalbed.

Volgens inligting was Dian en sy pa besig om die brand te bestry toe die wind skielik draai en Dian deur die vlamme oorval is.

Werner Prinsloo, skoolhoof van die Hoërskool Reitz, sê die skool het Donderdagoggend saam met die gemeenskap ’n biddiens vir Dian se herstel in die skoolsaal gehou.

“Die ongeluk is ’n geweldige slag vir die skool en gemeenskap. Ons is almal baie emosioneel.

“Dian is die beste vriend wat enigiemand kan hê. Hy is ’n fantastiese en goed gemanierde seun. ’n Ongelooflike leier, veral as die kaptein van die eerste rugbyspan.”

Meer oor:  Dian Terblanche  |  Veldbrand  |  Brand  |  Rugbyspeler
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.