Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kardashian-West-huwelik op rotse

Die Amerikaanse televisiester Kim Kardashian West (40) en die kletsrymer Kanye West se huwelik is ná ses jaar op die rotse. Dit sal Kim se derde egskeiding wees. Sy was vier jaar getroud met Damon Thomas en 72 dae met die basketbal-ster Kris Humphries.

Kim Kardashian en Kanye West in gelukkiger tye. Foto: Christopher Polk

“Die egskeiding gebeur omdat Kim baie volwasse geword het. Sy is ernstig daaroor om ’n aktivis te word. Sy is ernstig oor haar veldtog vir die hervorming van gevangenes. Intussen praat Kanye daarvan om president te word en hy praat allerhande twak. Sy het net genoeg daarvan gehad,” sê ’n anonieme bron aan die skinderwebblad Page Six.

“Die afgelope paar maande woon Kanye in Wyoming terwyl Kim en hul vier kinders in Kalifornië bly,” het ’n bron na aan die familie Dinsdag gesê.

Die nuusblad People sê Kim het reeds met Laura Wasser, egskeidingsprokureur van die sterre, vergader.

Intussen sê nog ’n bron Kanye het toenemend ongemaklik en geïrriteerd geraak het met die Kardashians se oordadige roem en leefstyl. “Hy is heeltemal óór die hele familie.” Om die waarheid te sê, voeg die bron by, hy vind hul realiteitsprogram ondraaglik.

Die paartjie is op 24 Mei 2014 in Italië getroud. Die spoggerige troue met 200 gaste is op die einste realiteitsprogram uitgesaai.

Huis van $60 miljoen is knelpunt.

Kanye het in Julie verlede jaar aangekondig hy gaan staan vir die Amerikaanse presidentskap. In dieselfde toespraak waar hy dié aankondiging gemaak het, het hy onthul dat hy sy dogter wou aborteer en in trane uitgebars. Hy het ook ’n reeks twiets geplaas, wat later uitgevee is, waarin hy sy vrou en skoonma, Kris Jenner, daarvan beskuldig het dat hulle hom in ’n inrigting wou toesluit.

Kim het ’n beroep op die media en die publiek gedoen om “medelye en empatie” te toon vir haar man se wisselvallige gedrag. “Dié wat geestestoestande of selfs kompulsiewe gedrag verstaan, weet dat die familie magteloos is, tensy die persoon minderjarig is,” het sy in Julie in ’n lang Instagram-plasing gesê.

Page Six berig die grootste knelpunt in die glanspaar se egskeidingsooreenkoms gaan oor hul huis in Calabasas, Kalifornië. Die egpaar het glo $40 miljoen vir die huis betaal en $20 miljoen aan die opknapping bestee. Hulle het saam met die Belgiese ontwerper Axel Vervoordt aan die spierwit, minimalistiese huis gewerk. Die Architectural Digest het dit bestempel as “ ’n oase van suiwerheid en lig”.

Volgens die bron wil Kim die huis hê sodat sy en hul vier kinders North (7), Saint (5), Chicago (3) en Psalm (1) daar kan bly. Saamgestel deur Kelly Minnie

Meer oor:  Kanye West  |  Kim Kardashian  |  Egskeiding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.