Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Karel Schoeman veras ná stigting van trust

Nadat hy sowat ’n maand en ’n half gelede dood is, is Karel Schoeman eindelik veras.

Carl van Rensburg, Schoeman se prokureur, het dit Maandag by navraag bevestig.

Netwerk24 het voorheen berig die verassing is uitgestel omdat die meester van die hooggeregshof hom (Van Rensburg) nog as eksekuteur moet aanstel.

“Ek is sowat ’n week gelede aangestel en het kort daarna vir die begrafnisondernemer opdrag gegee om Schoeman se lyk te veras,” het hy telefonies gesê.

Schoeman is verlede week in Viljoenskroon veras.

“Ons wag nog vir die as, maar die begrafnisondernemer sal dit binnekort gaan haal en aan ons terugbesorg.”

Noudat hy as eksekuteur aangestel is, is hy besig om die boedel in ’n trust te plaas.

Voorheen is berig dat Jemina Meko, die vrou wat Schoeman die afgelope nege jaar versorg het, die hoofbegunstigde van sy boedel is wat in ’n trust geplaas sal word.

Sy sal vir die res van haar lewe deur Schoeman se nalatenskap versorg word.

“Die testament maak ook spesiale melding van Tokela Lekula, Meko se susterskind, wat huisvesting, skoolgeld en losies betref,” het Van Rensburg voorheen gesê.

Karel Schoeman

Meer oor:  Viljoenskroon  |  Van  |  Karel  |  Schoeman  |   |  Trust
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.