Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Karin Brynard se man oorlede

Die bekroonde skrywer Karin Brynard se man Rien van Gils (86) is Saterdagaand aan pankreasontsteking in Stellenbosch oorlede.

Hy is ’n week voor sy dood in die Mediclinic Stellenbosch opgeneem.

Karin Brynard en haar man, Rien van Gils, wat Saterdag oorlede is.

Brynard het Sondagaand gesê hy het haar altyd “verskriklik, verskriklik” laat lag.

“Hy was ook onhandig, wat my nog meer laat lag het. Hy was iedere dag deel van my lewe. Ons was 25 jaar saam.

“Hy het ’n baie skerp brein gehad, hoewel lekker aweregs. Hy was ongelooflik nugter, ingelig en intelligent.”

Hulle het saam “ongelooflike avonture” beleef.

“Ons was saam in ’n kano op die Zambezirivier, waar ’n seekoei ons amper doodgemaak het. Die Visrivier-staptog was ook amper ons einde. Hy het Suid-Afrika en sy natuurskoon vreeslik geniet.”

Van Gils was ook haar grootse bewonderaar en het haar boeke aan almal bemark.

“Wanneer ek boeke bekend gestel het, het hy heel voor gesit. Hy sou altyd ’n ruiker stuur wanneer resensies goed was.”

Brynard het gesê Van Gils het haar ruimte gegee en vir haar ’n kantoor ontwerp om duisende boeke te huisves.

“Daar is boeke van hoek tot kant.”

Van Gils was ook ’n uiters suksesvolle sakeman.

“Hy kon daarom kibbel oor my boekkontrakte, soms tot my uiterste frustrasie.”

Sy verwag dat sy vier kinders Dinsdag van Europa en Kanada sal aankom, waarna hulle tyd as ’n familie saam sal deurbring.

“Ek hoop om Vrydag ’n troosdiens te hou waar ons hom ’n vrolike vaarwel sal toewens.”

Meer oor:  Karin Brynard  |  Stellenbosch  |  Oorlede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.