Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Karlien antwoord man wat sê sy moet aborsie kry
’n Swanger Karlien van Jaarsveld kap terug ná uitlatings in die sosiale media oor haar en haar ongebore baba. Foto: Instagram

Erger as konyne. ’n Onreg aan die samelewing.

Negatiewe kommentaar oor Karlien van Jaarsveld se swangerskap het sedert Vrydag op Facebook die ronde gedoen.

’n Man het negatiewe kommentaar oor Karlien se swangerskap op Facebook geplaas, waarna een van sy vriende gereageer het deur te sê sy en haar man is erger as konyne en gesê/gevra of sy nie “reeds een man m**r toe gestuur het nie??”, waarop die man weer gesê het: “Solank ek net die woord aborsie of histerektomie hoor is die saak pi**le. Dis ’n onreg aan die samelewing wat sy doen.”

Karlien het Saterdagoggend daarop geantwoord deur in die sosiale media te sê sy wil nie die persoon wat dié kommentaar gelewer het, “langs Jesus teen die kruis hang” vir wat hy gesê het, “of wie jy is nie”.

Sy het hom vergewe oor dit wat hy van haar en haar ongebore dogtertjie gesê het. “Ek glo nie jy weet hoe dit is om ’n babatjie te verwelkom of aan die dood af te staan nie. En as ’n mens nie self al ’n pad geloop het nie, is dit moeilik om ander s’n te verstaan.”

Oor haar egskeiding van haar vorige man, Derick Hougaard, het sy gesê sy het nooit haar redes vir die egskeiding bekend gemaak nie omdat “God my gemaan het om stil te bly”.

Sy het gesê Derick is ook God s’n en “Hy wil hom ook toevou en nie ontbloot nie” net soos sy haar kinders wil beskerm en “Hy my en jou wil beskerm”.

Ek bid dat ek genade in jou oë sal vind soos jy genade in my oë vind, omdat die liefde van God is wat mense red en nie om mekaar te haat nie.

Lees Karlien se volledige brief hier:

“Ek weet ons is almal bietjie uitgefreak en ontsteld oor dit wat H*** (skies nie seker hoe om hom te tag nie), gister kwyt geraak het oor my lewe en my baba dogtertjie sin (dat hy graag wil hê dat ek my kind moet aborteer en dat hy hoop dat ek en sy sal doodgaan).

“Ek voel wel dat ons te veel tyd gee aan dit wat hy dan uit ’n plek van onkunde en selfverwonding kwyt geraak het. H*** ek wil jou nie langs Jesus teen ’n kruis hang vir wat jy gesê het, of wie jy is nie, daarvoor het Hy vir my en JOU reeds lank terug gesterf. En prys God die oordeel kom Hom toe. Soos ek saam Jesus die pad stap leer Hy my gehoorsaamheid deur wat ek ly, en deel Hy oor hoeveel mense Hom gehaat het, maar dat Hy nooit in haat teruggekyk het nie. Ek is mal oor wat ek by Homself leer.

“Ons woon in ’n tyd van tegnologie waar mense dink dat hulle mekaar ken deur wat hulle op sosiale media of dan deur gedrukte media van die persoon sien, en ek kan dit verstaan, ek voel baie keer ek ken mense wat ek nog nooit ontmoet het nie. My facebook page is maar soos joune en enige ander ou daar buite sin, wat dinge deel oor hulle lewens. Al verskil is dat my page ’n paar 100 followers het en dit maak dat wanneer ek iets post, gryp die media dit ook aan en sit dit op hulle voorblaaie, of webtuistes, daaroor het ek werklik geen beheer nie en wens ek ook dat ek kon hê.

Oor wat jy gesê het van my en my dogtertjie, vergewe ek jou, want ek glo dat jy nie weet hoe dit is om ’n babatjie te verwelkom of aan die dood af te staan nie.

“So glo my met tye voel ek ook nogals naar as ek ’n nog ’n opskrif van myself iewers lees terwyl daar soveel dinge in die wêreld aangaan wat net soveel belangriker is. So in daai mate voel ek ook soos jy. En dis ook ’n rede hoekom ek nie teveel deel nie. Oor my egskeiding kan jy al die artikels gaan opsoek en sien dat ek nooit die redes vir my egskeiding gegee het nie, vir ’n baie eenvoudige rede, dat God my gemaan het om stil te bly. Deur elke valse aantuiging en woord van onkunde, steeds net stil te bly.

“Dit was by tye vir my baie moeilik maar ek is tot vandag dankbaar dat ek nooit my redes gegee het nie. Derick is ook God sin, en Hy wil hom ook toevou en nie ontbloot nie, en beskerm op sy pad met Hom, net soos ek ons seuns wil beskerm, en Hy my en jou wil beskerm. En daarvoor eer ek God, want Hy het almal ewe lief. Die liefde bedek alles.

“Oor wat jy gesê het van my en my dogtertjie, vergewe ek jou, want ek glo dat jy nie weet hoe dit is om ’n babatjie te verwelkom of aan die dood af te staan nie. En as mens nie al self ’n pad geloop het nie is dit moeilik om ander sin te verstaan. Jou woorde pla my nie omdat ek weet dat in die Gees dit te lig- gevind word omdat God die weegskaal is, alhoewel dit op die oog af lyk na baie swaar woorde, is ek en sy so diep in God verskuil, beskerm.

“Ek bid dat ek genade in jou oë sal vind soos jy genade in my oë vind, omdat die liefde van God is wat mense red en nie om mekaar te haat nie. Ek weet jy ken my nie maar as dit in God se wil is hoop ek om jou raak te loop iewers in die lewe, dat ek in jou oë kan kyk en vir jou sê dat ek nie vir jou kwaad is nie, en dat ek jou hopelik ook kan druk en vir jou sê jammer vir waar jy in jou lewe dalk al moes lyding deurmaak. Ek is jammer vir jou seer.

“Ek sê altyd dis so belangrik om liefde te wys vir wie ookal verby jou loop omdat jy nie weet wat op die oomblik in daai persoon se lewe aangaan nie, en jou liefde mag dalk net ’n bietjie hoop in die dag bring.

ROMEINE 15:1-13 is die skrif wat ek vanoggend vroeg gekry het, as jy dit ook dalk wou lees.

Liefde

Karlien”

* Die persoon wat die kommentaar gelewer het, se naam word weerhou totdat hy om kommentaar oor die uitlatings bereik kan word.


Meer oor:  Aborsie  |  Baba  |  Karlien Van Jaarsveld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.