Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Karlien het klaar naam vir baba ‘van God gekry’
Karlien van Jaarsveld het hierdie foto vandeesweek in die sosiale media gedeel. Foto: Instagram

’n Dag nadat sy haar kaal magie aan die wêreld gewys het, het Karlien van Jaarsveld weer ’n foto gedeel, en hierdie keer sommer uitgewei oor haar kleinding se naam.

Sy skryf ook dat sy so twee of drie foto’s gaan plaas.

Hoewel sy die baba se geslag en naam steeds ’n geheim hou, sê sy dat God die naam vir haar reeds op ses weke gegee het.

“Ek sal later van tyd die geslag van ons babatjie deel . . . en ook die naam.

God deel soveel geheimenisse met die mens en soms is ek skrikkerig om te deel wat ek hoor en weet . . .
Karlien van Jaarsveld

“God deel soveel geheimenisse met die mens en soms is ek skrikkerig om te deel wat ek hoor en weet, en dan laat ek dit eers net tussen my en God bly omdat Hy my vertroue en skuilplek is. Ek is die veiligste by Hom.

“Mense praat te maklik, en dit maak dit moeilik om dan net goed te deel . . . ek moet regtig so met diskresie kies wat om te deel en wat nie, so jammer vir dié wat opreg is wat dan voel ek weerhou julle om saam my in my lag te kan deel, want dis so lekker om in mekaar se geluk en leed te kan deel!

“Ek wil saam met jou kan lag en ek wil saam met jou kan huil. Die wêreld se oordeel maak dit net moeiliker om te deel . . . Dankie vir die bly wees saam met my.

“Ek deel ook net so twee of drie foto’s van my swangerskap om myself te beskerm teen mense se uitsprake.

“Dankie vir die mooiste foto’s @suna1suna1, ek hou van jou natuurlikheid en dat jy nie edit aan die foto’s nie.”

Meer oor:  Baba  |  Karlien Van Jaarsveld  |  Swanger  |  Naam
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.