Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Karnaval bring vreugde vir jong werkloses

Met die land se werkloosheidsyfer wat halsstarrig rondom 26% bly, maak elke werk wat geskep word, ’n groot verskil. Werklose jongmense van die Swartland-munisipaliteit is nou nader aan die vreugde van ’n eerste werk nadat hulle broodnodige vaardighede aangeleer het, danksy die Kaapstad Karnaval.

Prof Rachel Jafta, voorsitter van die Media24-direksie en stigter van die Kaapstad Karnaval-trust. Foto: Warda Meyer

Prof. Rachel Jafta, voorsitter van die Media24-direksie en stigter van die Kaapstad Karnaval Trust wat passievol is oor vaardigheidsontwikkeling, sê die inisiatief is begin om minderbevoorregtes vaardighede te leer wat hulle in die toekoms sal help om werk te bekom.

“Met die werkloosheidsyfer in Suid-Afrika wat verlede jaar op 26,7 persent gestaan het, wat die land met 6,08 miljoen werklose mense gelaat het, is vaardigheidsontwikkeling noodsaaklik om hierdie syfers te verander,” sê Jafta.

Volgens Jafta het ASLA Devco, ’n konstruksiemaatskappy, verlede jaar besluit om ’n inisiatief te finansier om tien kandidate van die Swartland-munisipaliteit ondervinding te gee in metaalwerk en gevorderde verfwerk tydens ’n twee-weke-lange program wat by die Kaapstad Karnaval se werkswinkel in Maitland gehou is.

“Met die Kaapstad Karnaval net weke weg, is die werkswinkel ’n korf van aktiwiteit, en skep dit die perfekte tyd om soveel blootstelling aan ’n aantal vaardighede te gee,” het Angela McPherson, hoof van die sierwa-afdeling gesê.

Die karnavalspan wat volstoom aan die werk is om die sierwaens betyds gereed te hê vir 16 Maart, bestaan uit vryskutkunstenaars en werklose mense wat tydens die proses opgelei word.

Die werkswinkel in Maitland is waar al die groter sierwaens gemaak word en waar die kostuumdepartement ook gehuisves word. “Ons vernaamste motiveerder by die karnaval is om almal wat in ons pad kom met vaardighede te bemagtig,” het Jay Douwes, uitvoerende hoof van die Kaapstad Karnaval gesê.

“Wat noemenswaardig is, is die bereidwilligheid van die jongmense om te leer en die feit dat hulle alles gee vir enige taak wat aan hulle toegewys is,” sê prof. Jafta.

Jafta sê dit was fantasties om te sien hoe honger die jongmense was vir kennis en ondervinding. Dit is ’n suksesverhaal in die kleine, dat ASLA Devco toe hulle besluit het om die inisiatief weer hierdie jaar aan te pak, ontdek het dat al die 2018 studente nou óf verder studeer óf werk gekry het. ’n Nuwe groep kon dus hierdie jaar voordeel trek.

“Die leerlinge van 2019 het onlangs die kursus voltooi en ons hoop met hul nuwe vaardighede sal hulle ook baie sukses in hul toekoms hê,” sê Pierre Blaauw, direkteur van ASLA Devco.

Jandre Solomons, een van die leerlinge uit Swartland, sê wat vir hom uitgestaan het was die kreatiwiteit van elke individu en die respek wat almal vir mekaar het.

Solomons sê hy het ondervinding opgedoen in die metaaldepartement en die kursus het hom gehelp om uit sy gemaksone te kom.

So ook het Bonga Mehlo gesê hy het sy vermoë om met verf te werk verbeter en terselfdertyd geleer om verskillende kleure te meng. “Ek het geleer om beter in ’n werksplek met ander te kommunikeer,” sê hy.

Damion Petersen sê hy is meer gemotiveerd as ooit tevore.

“Ek het so baie geleer, veral hoe om as ’n span saam te werk en hoe om ander beter te verstaan,” sê hy.

Intussen sal die Kaapstad Karnaval se optog na Groenpunt vanjaar op 16 Maart plaasvind. Die parade sal omstreeks 19:00 afskop.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.