Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kat wat brand oorleef, soek nuwe tuiste
Só lyk Gingie nou nadat hy op 3 Junie brandwonde opgedoen het toe sy eienaar se huis tot op die grond afgebrand het. Foto: Tuinroete-DBV

Gingie, ’n jong katjie van George in die Suid-Kaap wat ’n verwoestende brand by sy huis oorleef het, is op soek na ’n nuwe tuiste.

Op 3 Junie is die Garden Route-Dierebeskermingsvereniging (DBV) deur die George-brandweerdiens gekontak oor ’n gemmerkat met brandwonde by ’n huis in Rosemoor wat tot op die grond afgebrand het.

Gingie is deur Vanessa Lucas, ’n DBV-beampte, na die DBV geneem waar hy deur ’n veearts behandel is. Al sy hare en snorbaarde was afgeskroei en hy het brandwonde opgedoen. Volgens die DBV is dit ’n wonderwerk dat hy die brand oorleef het.

Volgens die George-munisipaliteit het die brand op 3 Junie in die oggend ontstaan. Geen mense is beseer nie en die oorsaak van die brand is onbekend.

Salome Bruns, senior inspekteur van die Garden Route-DBV, sê Gingie se eienaar kan ongelukkig nie haar huis herbou nie.

“Sy kan nie die kat terugneem nie en het ingestem dat hy aangeneem word. Gingie is nou heeltemal gesond en op soek na ’n nuwe, liefdevolle tuiste,” sê Bruyns.

  • Mense wat kan help, kan die DBV by 044 878 1990/3 kontak of die DBV in Ossie Urbanweg in die nywerheidsgebied besoek.
Meer oor:  George  |  Brand  |  Kat  |  Aanneming
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.