Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kate en Tommie 60 jaar getroud, sterf kort ná mekaar

’n Vrystaatse egpaar wat onafskeidbaar was, het ’n dag uitmekaar gesterf nadat hulle vroeër die koronavirus opgedoen het.

Kate (79) en Tommie du Plessis (84), wat die afgelope 12 jaar in Bethlehem gewoon het, is onderskeidelik Donderdagoggend en Vrydagaand in die Mediclinic Hoogland in Bethlehem dood.

Die egpaar is verlede Sondag in die hospitaal opgeneem.

Leon du Plessis, hul oudste seun, sê hulle as kinders se harte is stukkend om hul ouers binne twee dae te verloor.

Hy onthou sy ouers as mense wat altyd enige tyd iets sou doen om ander te help.

Kate en Tommie du Plessis.

Volgens hom sal mense in Bethlehem en veral by die APK-kerk, waar sy ouers lidmate was, sy pa, ’n afgetrede siviele ingenieur, geken het as die een wat kom bystaan met alles en altyd ’n lekker geselsie met almal kon aanknoop.

Sy ma, ’n tuisteskeper, was goed met naaldwerk en koskook en het altyd vir almal goed gemaak.

Tog was haar kinders en kleinkinders altyd boaan die lys om met ’n serp of iets soortgelyks bederf te word, sê hy.

Du Plessis sê hoewel sy ouers in Bethlehem afgetree het, het hulle nooit ophou werk nie.

Du Plessis sê sy ouers het in Oktober hul 60ste huweliksherdenking saam met Johan en Gertie Janse van Rensburg, hul jare lange vriende, gevier.

Kate en Tommie du Plessis op hul troudag in Oktober 1960.

Die egpare, wat oor die jare onafskeidbare was, is toevallig in 1960 ’n week uitmekaar getroud.

Benewens Du Plessis word die egpaar porleef deur hul kinders, Mariana du Plessis, drs. Lynette en Niel Basson, Esmé en Billy Douglas, asook hul kleinkinders, Phillip, Carine, Armand, Ian, Jonathan, Duncan, Daniël, Tiphafah, Carla en Natanya.

Geen reëlings vir die roudiens is nog bekend nie.

Meer oor:  Kate  |  Bethlehem  |  Covid-19  |  Pandemie  |  Dood  |  3De Vlaag  |  Koronavirus  |  Afskeid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.