Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kate Skinner vat Sanef-leisels

Die Suid-Afrikaanse Redakteursforum (Sanef) het dr. Kate Skinner as uitvoerende direkteur aangestel.

Die organisasie sê in ’n verklaring Skinner het ’n lang geskiedenis in mediastudies, navorsing en aktivisme.

Kate Skinner. Foto: Verskaf

Sanef sê Skinner was die afgelope twee dekades by verskeie organisasies betrokke wat toegespits is op die bevordering van gebalanseerde, gehalte- en etiese joernalistiek.

Skinner het onder meer as voorsitter van die raad van die Freedom of Expression Institute (FXI) gedien en was ’n direkteur van Kagiso educational television. Sy was meer onlangs by die stigting van die Save our SABC (SOS)-koalisie betrokke.

Skinner het in 2017 haar doktorsgraad oor die rol van openbare uitsaaiers in die digitale era aan die Universiteit van die Witwatersrand voltooi.

Die SOS-koalisie het onder haar leierskap suksesvol kapsie gemaak teen die Konsepwet op Openbarediens Uitsaaiwese in 2009.

Sanef sê die konsepwetgewing was daarop gemik om die staat meer mag in die daaglikse bestuur van die SAUK te gee. Die SOS het onlangs ook ’n hofsaak gewen wat die minister van kommunikasie verhinder om SAUK-bestuurders aan te stel.

“Ons is baie bly om Kate by Sanef te verwelkom,” sê Mahlatse Mahlase, Sanef se voorsitter. “Ons glo Sanef sal baat vind by haar toewyding en passie vir ’n onafhanklike pers en nuwe momentum aan ons bydrae tot persvryheid in Afrika gee.”

Skinner sê op haar beurt sy glo Sanef het ’n belangrike rol om te speel in die medialandskap en sy is verheug vir die geleentheid om by die organisasie betrokke te raak.

Meer oor:  Sanef  |  Nuwe Aanstelling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.