Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kêrel skiet glo onnie, toe homself buite Tzaneen

’n Onderwyseres van ’n laerskool buite Tzaneen is Dinsdag vermoedelik deur haar kêrel doodgeskiet.

Yvonne Mushwana (40) was ’n onderwyseres by die Nyatshiri Primary School in die Ntsako-nedersetting in Letsitele buite Tzaneen.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê Mushwana en haar kêrel het naby ’n plaaslike skrootwerf baklei.

Omstanders het skote hoor klap. “Hulle was geskok om te sien die vrou is doodgeskiet,” sê Ngoepe.

Die man wat by haar was, het weggehardloop.

Ngoepe sê ’n soektog na hom is begin.

Die polisie het enkele ure nadat Mushwana doodgeskiet is, op die lyk van haar kêrel, Khashane Willy Malatji (45), in sy huis afgekom.

Malatji was ’n plaaslike sakeman. Hy het homself vermoedelik doodgeskiet. Die polisie het beslag gelê op ’n vuurwapen wat langs hom gekry is.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, polisiehoof in Limpopo, sê hy is bekommerd oor die aantal voorvalle van gesinsgeweld in die provinsie. Hy het mense aangeraai om hulp te kry en hulle gemaan om nie tot geweld oor te gaan nie.

* In ’n onlangse voorval van gesinsgeweld het drie jong kinders in Ga-Masemola in Limpopo in ’n huis verkool toe ’n maatskaplike werker en haar vriend in ’n stryery betrokke was.

Mapula Mokaba-Phukwana, LUR vir maatskaplike ontwikkeling, het toe ook die publiek gemaan om betyds hulp te kry wanneer daar probleme in gesinne is.

Meer oor:  Tzaneen  |  Onderwyser  |  Selfdood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.