Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kerk ‘dwarsboom gereg’ oor 3 wat in stormloop sterf

Die polisie in Pretoria het ’n klag van dwarsboming van die gereg teen profeet Shepherd Bushiri se kerk aanhangig gemaak.

Dit volg nadat drie vroue Vrydagaand in ’n stormloop by die Enlightened Christian Gathering (ECG)-kerk by die Tshwane Events Centre (die ou Pretoria-skouterrein) dood is.

Volgens kapt. Augustinah Selepe, polisiewoordvoerder, is die drie vroue sê lyke van die toneel verwyder voordat die polisie van die voorval in kennis gestel is.

Selepe sê die polisie het eers Saterdag van die stormloop en die sterftes te hore gekom toe sy medianavrae daaroor ontvang het.

Profeet Shepherd Bushiri Foto: Collen Mashaba

Volgens haar het die Redford-lykshuis die lyke kom haal.

Adv. Terence Baloyi, die kerk se regsverteenwoordiger, sê as die leierskap van die kerk het hulle ook nie geweet dat mense in die voorval dood is nie.

“Ons het nie van die sterftes geweet nie. Ons het eers Saterdag daarvan uitgevind.”

Baloyi beweer pastore in die kerk was nie daarvan bewus nie en het met die diens voortgegaan.

“Die persoon wat ons oor die stormloop ingelig het, het nooit oor die sterftes gepraat nie. Ons het nie geweet dinge was so erg nie.”

Baloyi sê die polisie is wel op die aand van die voorval ontbied, maar het eers Saterdag opgedaag.

“As hulle sulke bewerings oor die polisie maak, moet hulle dit aanmeld en sê met wie hulle gepraat het sodat dit ondersoek kan word,” sê Selepe.

Die lyke is Maandag deur die polisie na ’n staatslykhuis vir lykskouings geneem. Die oorledenes is nog nie uitgeken nie.

Die polisie doen ’n beroep op enigiemand wie se familielid die diens sou bywoon en wat tans vermis word om dit by die polisie aan meld.

Meer oor:  Shepherd Bushiri  |  Stormloop
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.