Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kerk gee inligting oor besluit oor gays
Ds. Nelis Janse van RensburgFoto: Nelius Rademan

Die dokumente wat lig werp op waarom die NG Kerk sy besluit oor homoseksuele verbintenisse einde verlede jaar teruggetrek het, word beskikbaar gestel aan die 11 lidmate wat daarvoor gevra het.

Die kerk het in 2015 op sy algemene sinode besluit gay dominees word nie langer verplig om selibaat te leef nie en kerkrade kan self besluit of hulle burgerlike verbintenisse tussen homoseksuele pare sal sluit.

Daar is teen die besluit geappelleer en ná ’n jaar van hoogdrama en hofdreigemente het die kerk die besluit op ’n buitengewone sinode einde verlede jaar omgekeer.

Net ’n seksuele verhouding tussen ’n man en vrou in ’n huwelik is volgens dié besluit aanvaarbaar.

Vandeesweek het die moderamen besluit om die dokumente van alle taakspanne en die sinode wat tot die omkeer van die besluit gelei het, aan die 11 lidmate te oorhandig.

Die notules van die kommissie wat die appèlle teen die 2015-besluit gehanteer het, gaan egter nie uitgereik word nie omdat dit inligting van derde partye en hul getuienis bevat, sê ds. Nelis Janse van Rensburg, voorsitter van die moderamen.

Dit is kragtens wet nie toelaatbaar nie, tensy die derde partye toestemming gee, sê hy.

As dit moet, sal hulle toestemming by die partye probeer kry.

Janse van Rensburg sê die notule van die buitengewone sinode kon eers nou goedgekeur word en daarom is dit nou eers beskikbaar gestel.

Die 11 lidmate het die stukke verlede jaar op grond van die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) aangevra.

Hulle het aangevoer dit is in die openbare belang, ter wille van geregtigheid en ter handhawing van menswaardigheid.

Meer oor:  Nelis Janse Van Rensburg  |  Ng Kerk  |  Gays
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.