Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kerk keelvol vir strydende vlugtelingleiers
Vlugtelinge kampeer buite die Metodistekerk in die Kaapstadse middestad. Foto: Adrian de Kock

Die predikant wat die Metodistekerk aan Groentemarkplein in Kaapstad bestuur, het Vrydag skerp gereageer oor die twis tussen die leiers van die vlugtelinge wat in en om die kerk woon.

Eerw. Alan Storey het in ’n verklaring gesê weens die geweld en voortgesette vyandigheid tussen twee strydende vlugtelinggroepe word daar nie meer kerkdienste in dié kerk gehou nie. Alle dienste het voorlopig na Observatory verskuif.

Honderde vlugtelinge bly nou reeds maande lank in en om die kerk in die hartjie van die middestad.

Storey sê die voortslepende gesondheids- en veiligheidsrisiko’s in die oorvol kerk vererger daagliks en, soos hy al herhaaldelik gewaarsku het, is dié heiligdom nie meer ’n veilige ruimte nie.

Vlugtelinge kampeer buite die Metodistekerk aan Groentemarkplein, Kaapstad. Foto: Adrian de Kock

“Daarom is die mense wat daar teenwoordig is, gevra om die kerk te ontruim. Benewens die gesondheids- en veiligheidsrisiko’s is die onvoorspelbare vyandigheid tussen vlugtelinge ’n verdere probleem.”

Storey sê die kerk kan nie ’n toevlugsoord wees vir gewelddadige groepe nie.

“Ons is nie toegerus om hulle te hanteer nie. Dit is in hierdie konteks dat ons as kerk nou ander moontlikhede sal oorweeg om die situasie te hanteer.

“Die kerk sukkel onder meer om die brandgevaar te beperk en die verspreiding van siektes te voorkom terwyl mense veilig gehou moet word.

“Die vlugtelinge is verskeie kere gevra om die terrein te ontruim, maar hulle het dit nie gedoen nie. Gasvryheid is vervang met vyandigheid,” sê Storey.

Die twee strydende vlugtelingleiers, Papy Sukami en Jean-Pierre Balous was die afgelope week albei in polisie-aanhouding. Sukami is weens beweerde roof in hegtenis geneem en Balous weens beweerde aanranding. Sukami is Donderdag op borgtog van R2 000 vrygelaat, terwyl Balous Vrydag vrygelaat is.

Meer oor:  Kaapstad  |  Groentemarkplein  |  Metodistekerk  |  Vlugtelinge
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.