Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kerktragedie: 1 meisie, nog talle vroue dood
Die Pentecostal Holiness Church in KwaZulu-Natal, waar ’n muur ineengestort het en 13 mense dood is. Foto: Verskaf

Die meeste van die gemeentelede wat dood is toe ’n muur van die Pentecostal Holiness Church in Dlangubo, op Empangeni in KwaZula-Natal, ineengestort het, is vroue en ’n 13-jarige kind.

Só het Mildred Oliphant, die minister van arbeid, Vrydag bevestig. Sy het namens die nasionale regering gesê dit is “tragies” dat lewens verloor is in ’n kerk gedurende ’n Paasdiens.

Die ongeluk het Donderdag vermoedelik rondom 22:15 gebeur ná ’n kort biddiens.

“ ’n Groot deel van die muur het ineengestort terwyl gemeentelede gereed gemaak het om te rus.

“Dit is selfs hartseerder dat die meerderheid van die oorledenes vroue is, en ’n kind van 13 jaar.

“Die gebruik is, volgens eerw. Phiwayinkosi Sibiya, dat vroue en mans apart slaap gedurende die kerkdiens. Die gebou waar die muur omgeval het, sou as die slaapvertrek vir die vroue dien.”

Sy het bevestig dat 13 mense dood is, terwyl 11 in die Ngwelezane-kliniek vir ligte beserings behandel word en nog vyf mense in ’n kritieke toestand in die Ngwelezane-hospitaal op Empangeni opgeneem is.

“Volgens voorlopige verslae verstaan ons dat daar swaar reënval en storms in die gebied was,” het Oliphant gesê..

Hooggeplaaste amptenare van die nasionale en provinsiale regering is op die toneel.

“Ons is hier om ondersoek in te stel én om troos en ondersteuning aan die biskoppe, eerwaardes, gemeentelede en families te bied wat deur die ramp geraak word.

“Die regering en munisipaliteit sal saam met die kerk en families werk om die impak van die ramp te probeer beperk. Dit is hartverskeurend dat die Paastyd met só ’n katastrofe begin het.”

Bron: News24.

Meer oor:  Kerkgangers  |  Vroue  |  Meisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.