Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kerskonsert in Pretoria verskuif weens reën
Karen Zoid en Juanita du Plessis gaan albei optree.

Die tweede konsert van Jacaranda FM & Spar Carols by Candlelight, wat Dinsdagaand by Loftus Versveld in Pretoria sou plaasvind, skuif weens volgehoue reën na die NG kerk Moreletapark.

Alle ander reëlings bly dieselfde.

Die geleentheid sal Dinsdagaand om 19:00 afskop en tot 21:00 duur, en die hekke open om 16:00.

“Ons verwelkom elke druppel reën, maar daar is geen rede dat dít ’n demper op die feestelike gees moet plaas nie,” sê Minisha Patel, bemarkingsbestuurder van Jacaranda FM. “Spar en Jacaranda FM het alles binne ons vermoë gedoen om seker te maak dat die vertoning voortgaan.

“So bring jou familie en vriende, jou piekniekmandjie en ’n speelding vir ’n behoeftige kind en sluit by ons aan vir ’n aand vir die hele gesin met ’n uitmuntende lys kunstenaars wat al die Kersliedere gaan sing waarvan jy hou!”

Die sangers Charlize Berg, Elvis Blue, Jo Black, Juanita du Plessis, Karen Zoid, Refentse en Joe Niemand tree Dinsdagaand saam met die Mzansi Youth Choir op.

Jacaranda FM se omroepers sal ook die begin van die feestyd vier en regstreeks vanaf die geleentheid uitsaai.

Toegang is gratis, maar diegene wat Carols by Candlelight bywoon word aangemoedig om ’n speelding saam te bring wat dan aan liefdadigheidsorganisasies geskenk sal word.

Kerse sal ook teen R30 te koop wees. Liedjieboekies sal teen R10 te koop wees as jy ’n kers en ’n liedjieboek saam koop, kos dit R35.

Alle opbrengste sal aan Jacaranda FM se Good Morning Angels geskenk word.

Geen blikkies, bottels, glase, botteloopmakers, harde koelbokse, alkohol, vuurwapens, vuvuzelas, vuurwerke of videokameras word in die ouditorium toegelaat nie.

Meer oor:  Spar  |  Refentse  |  Karen Zoid  |  Elvis Blue  |  Jo Black  |  Charlize Berg  |  Pretoria  |  Kersfees  |  Konsert  |  Radio  |  Musiek  |  Kersfees 2017
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.