Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Khensani: Familie, vriende groet ‘skitterende ster’

Terwyl die land Vrouedag gevier het, het ’n ma wat rou Donderdag haar pyn verwoord oor die dood van haar dogter, Khensani Maseko, wat ’n student aan die Rhodes-Universiteit was.

Khensani Maseko Foto: Facebook

Maseko is Donderdag begrawe.

Daar word vermoed dat sy verlede Vrydag haarself om die lewe gebring het weens ’n stryd met depressie. Sy is na bewering in Mei deur haar kêrel verkrag.

Voor haar dood het Maseko op Instagram geskryf “niemand verdien om verkrag te word nie”, met haar geboortedatum en die datum van die inskrywing daarby – dieselfde dag waarop sy dood is.

Die Rhodes-Universiteit het Maandag bekend gemaak dat die vermeende verkragter geskors is en dat hy met die polisie en die nasionale vervolgingsgesag saamwerk. Die universiteit het gevra dat Maseko se dood ondersoek word.

Sandiso Maseko, ’n familielid, het ’n boodskap van Khensani se ma voorgelees waarin sy geliefde herinnerings van haar dogter gedeel het – van haar eerste skooldag tot haar tyd aan die universiteit waar sy alle verwagtings oortref het.

“Ek is God so dankbaar vir jou. Ek het jou Nkanyezi genoem omdat ek geglo het dat jy ’n skitterende ster gaan wees, en jy het een geword.”

Die roubeklaers het by die Nasrec-gedenkpark buite Soweto byeengekom waar Khensani begrawe is.

Bheki Cele, minister van polisie, Sizwe Mabizela, visekanselier van die Rhodes-Universiteit, en studenteleiers het ook die diens bygewoon.

Mabizela het gesê Maseko se storie dui weer op die “woede en frustrasie” weens die “onderdrukking van vroue”.

“Haar dood moet ons tot stilstand dwing om diep na te dink oor die samelewing wat ons geword het. Mans moet geleer word om met liefde, sorg en respek teenoor vroue op te tree.”

Cele het die versugting uitgespreek vir ’n nuwe samelewing waar vroue vry is.

Mandisa Mashego, EFF-studenteleier in Gauteng, het die universiteit egter vir dié voorval geblameer en sê dit is betreurenswaardig dat die mense op Vrouedag “een van ons eie” moet groet.

Mashego sê die universiteit sal nooit daarvoor vergewe word dat hy “Khensani weggeneem het” nie.

- News24

Meer oor:  Rhodes-Universiteit  |  Vrouedag  |  Khensani Maseko
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.