Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Khoisan-vrou se oorskot seremonieel begrawe in Tankwa-Karoo

Die oorskot van ’n Khoisan-vrou wat in die tydperk tussen 1436 en 1622 geleef het, gaan die komende naweek tydens ’n seremoniële geleentheid in die Tankwa-Karoo herbegrawe word.

Haar oorskot is in 2007 naby die Perdekloof-piekniekterrein in die park ontdek, waarna navorsing gedoen is om vas te stel wie en hoe oud sy was.

Die Tankwa-Karoo.Foto: Elise Tempelhoff

Lauren Howard-Clayton, streekskommunikasiebestuurder van Sanparke, sê die laaste voorbereidings word vir die seremonie getref.

Toe die oorskot in 2007 gevind is, het die destydse plaaseienaar die polisie en parkbestuurder in kennis gestel. Die polisie het gesê dit is ’n argeologiese vonds.

“Dr. Wendy Annecke, toe Sanparke se algemene navorsingsbestuurder, was bekommerd. Die oorskot was besig om te erodeer, en mense wat op die beendere afgekom het, het dit verskuif en gereeld aangemeld.

“Sanparke het dr. Ryan Gibbon en dr. Victoria Gibbon van die Universiteit van Kaapstad (UK) versoek om navorsing te doen. Die Wes-Kaapse erfenisowerhede het ’n permit uitgereik om die oorskot op te grawe, te bewaar en na te vors.”

’n Belangrike voorwaarde was dat die oorskot in die park herbegrawe moet word nadat alle belanghebbendes geraadpleeg is.

Annecke het die openbaredeelnameproses oor die oorskot gelei. Ryan Gibbon het die opgrawing gelei met behulp van Victoria Gibbon, van die biologie-departement van die UK. Die permit het hulle toegelaat om ’n nie-indringende radiokoolstofdatering, ’n biologiese ontleding, asook ’n isotoopontleding te doen.

“Die oorskot is in ’n opgekrulde posisie op haar rug met haar knieë op haar ken begrawe. Dié posisie is kenmerkend van die Khoisan-stam.”

Etlike groot rotse is op die graf geplaas, wat behou is om saam met haar herbegrawe te word. Benewens die rotse is geen ander artefakte saam met die oorskot gevind nie.

In die oorspronklike graf is ander niemenslike beendere van klein soogdiere gevind. Die kenners meen dit het saam in die graf beland toe die vrou oorspronklik begrawe is, of het daar beland deur diere wat tonnels grawe.

Victoria Gibbon het haar biologiese verslag voltooi en prof. Judith Sealy, departementshoof van argeologie by die UK, het die radiokoolstooftoetse en isotoopontleding gedoen.

Die radiokoolstoftoetse van die humerus (boarm) toon die vrou het in die tydperk tussen 1436 en 1622 geleef. Sy was 1,52 m lank en tussen 35 en 55 jaar oud toe sy dood is.

Die oorskot sal weer naby die piekniekterrrein herbegrawe word. Die seremonie sal deur tradisionele leiers van die Wes- en Noord-Kaap gelei word

Meer oor:  Tankwa-Karoo  |  Oorskot  |  Begrawe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.