Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kia maak verskil in kinderlewens

Dit is weer tyd om jou naam in die hoed te gooi om ’n motor te wen en terselfdertyd die lewe vir ’n behoeftige kind te verbeter.

Die jaarlikse RSG-Beeld-Kinderfonds-skenkingsprojek is Dinsdag by Kia se hoofkantoor in Edenvale bekendgestel.

’n Ratse klein Kia Picanto Street 1.0 is weer op die spel in vanjaar se RSG-Beeld-Kinderfonds-skenkingsprojek wat Dinsdag in Edenvale bekendgestel is. Van links is Muriel Janse van Rensburg, geleentheidsbestuurder van RSG, Adrie van Staden, hoof van die Beeld-Kinderfonds, Louise Jooste, bemarkingsbestuurder van RSG, Raymond Willemse, redakteur van Metro-projekte van Beeld, en Christo Valentyn, handelsmerk- en kommunikasiebestuurder van Kia Motors Suid-Afrika.

’n Ratse klein Kia Picanto Street 1.0 van R161 995 is weer die groot prys wat gewen kan word as jy selfs net R50 aan die Beeld-Kinderfonds skenk.

Dit is die Beeld-Kinderfonds se grootste jaarlikse geldinsamelingsprojek en word moontlik gemaak deur Beeld, RSG en Kia Motors Suid-Afrika. Dit duur tot November.

Die Beeld-Kinderfonds samel jaarliks van April tot Februarie geld in.

In Maart word die geld aan ’n verskeidenheid welsynsorganisasies toegeken wat kinders help en bemagtig.

Met dié projek maak ons graag ’n verskil in die lewe van Suid-Afrika se kinders – omdat ons glo dat die land se toekoms in hul hande is.

“Dit is vir Kia belangrik om by die gemeenskap betrokke te wees. Ons help dus graag om die projek van die Beeld-Kinderfonds moontlik te maak,” sê Christo Valentyn, handelsmerk- en kommunikasiebestuurder van Kia Motors SA.

Louise Jooste, bemarkingsbestuurder van RSG, sê dié radiostasie is by verskeie projekte betrokke waar mense in nood gehelp word.

“Met dié projek maak ons graag ’n verskil in die lewe van Suid-Afrika se kinders – omdat ons glo dat die land se toekoms in hul hande is.”

Benewens die blinknuwe motor sal daar oudergewoonte maandeliks bonuspryse op die spel wees.

Hou Beeld dop en luister RSG 100-104fm vir meer inligting.

Maak so om deel te neem:

Betaal jou skenking van R50, of veelvoude daarvan, in die Beeld-Kinderfonds se rekening by Absa, 2840157329, tak 632005. Gebruik jou selfoonnommer, naam en van as verwysing.

Ons stuur binne 24 uur ’n boodskap om te bevestig dat ons jou bydrae ontvang het.

Jy kan ook R50 per SMS skenk deur die woord KINDERS na 48546 te stuur.

Sodra jy die SMS gestuur het, sal jy ’n boodskap van jou selfoonnetwerk ontvang om te bevestig of jy die geld per SMS wil skenk. Jy sal ook ’n SMS ter bevestiging van ontvangs kry.

  • Vir navrae, stuur e-pos na info@beeldkinderfonds.co.za of skakel 076 5971 282 of . Om die aanvang van die projek te vier, gee ons R1 000 aan ’n gelukkige leser wat voor Saterdag om middernag ’n bydrae maak.
Meer oor:  Kompetisie  |  Liefdadigheid  |  Beeld  |  Kinderlewens  |  Kia
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.