Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kimberley-man verloor 22 skouvoëls in ongeluk
Louwa de Bruyn met een van sy spogvoëls, ’n rooikeel-suikerbekkie. Foto: Christiaan Cloete

’n Bekroonde voëlteler van Kimberley is 22 van sy spogvoëls kwyt nadat ’n sleepwa met 27 van die voëls waarmee hy op die N1 na Kaapstad onderweg was, naby De Doorns van die voertuig losgekom het.

Louwa de Bruyn, van Riviera, sê hy en twee ander mans, Leslie Rosier en Jan Roos, het Dinsdag 9 Julie omstreeks 23:20 met ’n Jeep Cherokee en die sleepwa uit Kimberley vertrek. Hulle sou die Suid-Afrikaanse Nasionale Kouvoëlvereniging se nasionale skou in Kaapstad bywoon.

De Bruyn sê hy het Rosier gevra om hom na die skou te neem nadat hy vroeër vanjaar ’n beroerte gehad het en nie kon bestuur nie.

“Toe ons Woensdagoggend by ’n vulstasie in Worcester stop, het ons besef die sleepwa is nie meer aan die voertuig nie,” sê hy.

Hulle het terug met die N1 langs in Laingsburg se rigting gery om die waentjie te soek.

Toe ons Woensdagoggend by ’n vulstasie in Worcester stop, het ons besef die sleepwa is nie meer aan die voertuig nie.

De Bruyn sê hy het verkeersbeamptes van die vermiste waentjie verwittig, wat toe met die soektog gehelp het.

Nadat hulle nie die waentjie kon opspoor nie, het De Bruyn voorgestel dat hulle maar na Kimberley terugkeer en nie meer die skou bywoon nie.

Volgens De Bruyn het hy verlede Vrydagaand ’n oproep van ene Helena Stuurman van De Doorns, naby Worcester, ontvang waarin sy hom meedeel dat die waentjie met die skouvoëls gevind is.

Volgens De Bruyn het Stuurman se seun, Duncan Stuurman, Woensdagoggend toevallig agter hulle gery toe die waentjie losgekom het.

Duncan Stuurman sê hy het sy ligte geflits en die toeter gedruk, maar hy kon nie Rosier se aandag trek nie, sê De Bruyn.

Volgens De Bruyn het sy dogter wat in die Kaap woon, Maritza de Bruyn, reeds die waentjie gaan haal.

Van die voëltjies wat gevrek het. Net vyf voëltjies het oorleef nadat die waentjie losgekom het.
Nog vyf van die dooie voëltjies.

Net vyf van De Bruyn se 27 skouvoëls wat in die waentjie was, het oorleef.

Die waentjie het net geringe skade opgedoen.

De Bruyn sê hy is dankbaar dat die waentjie, wat ook klere, kos, koutjies, medisyne en ander items in gehad het, teruggevind is.

Hy meen hulle sou meer van die voëls kon red as die polisie hom gouer in kennis gestel het dat die waentjie gevind is.

De Bruyn sê van die voëls waarmee hy na die skou op pad was, was van die bestes wat hy in 22 jaar geteel het.

Hy glo dat hy vanjaar die skou sou kon gewen het as dit nie vir die ongeluk was nie.

Helena en Duncan Stuurman van Fairview in De Doorns. Duncan het agter De Bruyn-hulle gery toe die waentjie losgekom het.
Die sleepwaentjie wat op die N1 tussen Laingsburg en Worcester losgekom het.

Meer oor:  Kimberley
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.