Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kind (10) aan boom opgehang gekry

Die polisie in Saselamani buite Giyani in Limpopo ondersoek ’n voorval waarin ’n 10-jarige meisie, van die Nkovani-dorpie, in ’n boom opgehang is.

Luidens ’n polisieverklaring het ’n vriendin van die selfde ouderdom, Sondag die lyk van Ntwisiso Tshabalala, ’n gr. 4-leerling by die Tivoneleni Primary School, in die boom gevind.

“Die meisie het toe volwassenes in die dorpie gaan roep. Die saak is aan die polisie en mediese dienste gerapporteer. Die meisie is op die toneel dood verklaar,” lui die verklaring.

Die oorsaak van die voorval is nog nie bekend nie, maar die polisie se ondersoek duur voort.

“As ’n tienjarige in sulke omstandighede sterf, moet almal veroordeel word. Ons moedig ouers en voogde aan om na hul kinders te kyk en te weet waar hulle is,” lui die verklaring.

Meer oor:  Limpopo  |  Kind  |  Boom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.