Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kind (3) sterf toe sy van fietsie val, hefboom deur hart steek

’n Driejarige meisie van Durbanville wat  ná ’n fratsongeluk op haar fietsie dood is, se ouma het Dinsdag gesê sy wens hierdie oomblikke van pyn vir niemand toe nie.

Nina de Villiers, Die De Villiers-gesin. Foto: Fac
Natasha en Niki de Villiers met hul drie dogters, Anja en die tweeling Nina en Nikola. Foto: Facebook

Nina de Villiers (3), een van ’n tweeling, is Sondag in die Mediclinic Durbanville dood nadat dokters haar nie kon bybring nie.

Eldie Marais, Nina se ouma, het Dinsdag gesê haar drie kleindogters, Anja en die tweelingsussies, Nina en Nikola, het Sondag in hul ouerhuis gespeel op die plaas buite Durbanville waar hulle woon. Die tweeling het op hul fietsies met die sywieletjies gery.

“My dogter, Natasha en haar man, Nikie, laat hulle juis met die fietsies in die huis ry omdat die fietsies met die sywiele nie vir die plaaspaaie geskik is nie.”

Natasha was aan’t studeer en moet Woensdag eksamen skryf.

“Die volgende oomblik het Anja vir haar ma geskreeu dat Nina geval het en dat sy bloei. Sy het vermoedelik die fietsie se handvatsels omgedraai. Daardie fietsies kan so draai en toe sy om die koffietafel probeer gaan, het sy geval en met haar hartjie op die rem se hefboom geval.”

Volgens Marais het die hefboom deur haar hart gedruk en ’n gaatjie gemaak.

Sy het letterlik gesien hoe sy voor haar oë sterf.

“Toe sy Anja se gille hoor, het Natasha onmiddellik opgespring en na haar toe gehardloop. Sy het met haar bloeiende kind in hul bakkie gespring en met haar na die hospitaal toe gejaag.”

Marais sê dokters by die hospitaal het klein Nina kunsmatig aan die lewe gehou totdat die pediater, dr. Willem Smith, opgedaag het. Hulle kon egter niks vir haar doen nie.

“Sy het letterlik gesien hoe sy voor haar oë sterf.”

Marais sê dit kan met enige kind gebeur.

“My kinders gaan nou deur ’n moeilike tyd. Hulle was vandag vir berading.”

Sy sê dat Nina en Nikola nie identies was nie, maar dat hulle beslis baie na aan mekaar was.

“Klein Nikola het gisteraand heel aand gehuil en by haar mamma en pappa gaan inkruip.”

Marais sê Nina se ouers is nie nou in staat of bereid om te praat nie.

“Al wat ons nou vra, is dat mense hulle en vir ons kans gee om te rou. Gee hulle kans, asseblief.”

Meer oor:  Nina De Villiers  |  Durbanville
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.