Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: So lyk parkeerterrein waar kind (3) sterf

Netwerk24 het die parkeerterrein besoek waar 'n driejarige kleuter hom Sondagmiddag by die Loch Logan-waterfront in Bloemfontein doodgeval het. 

Teen Dinsdagoggend het die polisie nog nie die seun se identiteit bekend gemaak nie. 'n Woordvoerder het by navraag gesê daar is nog geen verdere verwikkelinge in die ondersoek nie.

Die seuntjie se lewelose liggaam is omstreeks 14:30 op die sypaadjie buite die winkelsentrum aangetref nadat hy uit een van die boonste verdiepings van die onderdakparkeerterrein geval het.

'n Ooggetuie wat 'n stalletjie met goedere op dieselfde sypaadjie beman, het met Netwerk24 se besoek Maandag gesê  hy is steeds geskok en deurmekaar oor wat voor hom afgespeel het. 

Meryl Henning, woordvoerder van die winkelsentrum, sê die seuntjie, wat saam met sy pa en suster inkopies gedoen het, het in die parkeerterrein op die derde verdieping van sy gesin geskei geraak terwyl sy pa hul parkeerkaartjie betaal het.

Die gesin het die veiligheidswagte hiervan in kennis gestel.

“Die seun het glo op 'n reling op die M4-vlak, wat op Eerste Laan uitkyk, geklim en geval.”

Henning sê die kind is op die sypaadjie in Eerste Laan deur paramedici dood verklaar.

Volgens brig. Motantsi Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder, het die gesin, van die woonbuurt Bergman Square in Bloemfontein, onmiddellik na die kind begin soek en hulle is deur ’n veiligheidswag daarvan in kennis gestel dat hy geval het.

“Hulle het hulle na die plek gehaas waar die seun geval het, maar hy het toe al geval.”

’n Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

* Die berig is met die jongste inligting aangepas sedert dit aanvanklik gepubliseer is. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.