Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kind (7) stom ná ongeluk wat pa eis – familie gesoek

Die polisie vra die publiek se hulp om ’n sewejarige meisie se familie op te spoor ná sy Vrydag saam met haar pa in ’n ongeluk op die N1 in die Kraaifonteingebied was waarin haar pa dood is.

Hulle is Vrydag omstreeks 22:00 deur ’n ander voertuig op die N1 getref, sê lt.kol. Andrè Traut, ’n polisiewoordvoerder, in ’n verklaring.

“Die pa is noodlottig beseer en sy dogtertjie is tans nie in staat om te praat nie.”

Enigiemand met inligting word gevra om die polisiekantoor in Kraaifontein by 082 469 3319 of die polisie se Stop-misdaadnommer by 08600 10111 te bel.

ongeluk, engen-vulstasie
Die bestuurder van ’n bakkie is Saterdag dood in ’n botsing by die Engen-vulstasie in Buttskopweg, Blackheath. Foto: Verskaf

* In ’n ander voorval is die bestuurder van ’n bakkie dood in ’n botsing by die Engen-vulstasie in Buttskopweg in Blackheath, Kaapstad.

Volgens Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, het die bestuurder beheer oor die bakkie verloor en dit het byna regop met sy neus in die grond beland.

Die bakkie het ’n ander ligte motorvoertuig van agter getref. Dit is nie bekend of die insittendes beseer nie. Kliek hier vir video.

Die bakkiebestuurder het met die ligte voertuig gebots. Foto: Verskaf

Meer oor:  Kraaifontein  |  Blackheath  |  Kind  |  Bakkie  |  Stom  |  Familie Gesoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.