Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kind kan weer glimlag, hardloop ná brand met kookolie

Die ma van die kind wat met warm kookolie brandwonde oor 30% van haar lyf opgedoen het, sê sy sien oplaas die lig in ’n baie donker tonnel.

Jaydené Croucamp (17 maande) is amper weer haar vriendelike self, sê haar ma, Jackie.

“Sy loop weer en hardloop so nou en dan. Sy is soms nog skrikkerig en bietjie ma-vas, maar ek glo sy herstel nou goed,” sê Croucamp.

Jaydené Croucamp glimlag deesdae weer breed nadat sy in Julie ernstig gebrand en reeds twee veloorplantings gekry het.

Jaydené het op 15 Julie ernstige brandwonde opgedoen toe sy ’n elektriese braaipan met warm kookolie oor haarself laat val het.

Die dokters wat haar kort ná die voorval in Port Elizabeth behandel het, het bevind sy het 30% gewone brandwonde en 14% derdegraadse brandwonde opgedoen. Sy het tussen Julie en Augustus twee veloorplantings ondergaan.

Die brandwonde op Jaydené Croucamp se bors en arm.
Jackie Croucamp hou haar dogter, Jaydené, vas kort nadat sy in Augustus uit die hospitaal ontslaan is. Foto: Lulama Zenzile

Hoewel Jaydené op die herstelpad is, het Croucamp haar Vrydag na ’n plastiese chirurg in Bloemfontein geneem.

“Die dokter het gesê hy is baie tevrede met hoe Jaydené se wonde herstel, maar is bekommerd oor die vel wat van haar bors tot by haar skouer loop.”

Volgens Croucamp verwag hy dat dié vel nie veel sal rek nie, en sal dit moontlik later “geknip” moet word.

“Indien die vel skeur, sal ons dit ook nie kan nie sien nie. Dit gebeur blykbaar onder die vel en kan baie pyn veroorsaak.”

Geen datum is hiervoor vasgestel nie, maar hy sal haar vordering monitor op foto’s wat Croucamp elke tweede week van Jaydené se wonde aan hom sal stuur. Hy sal dan besluit of dit nodig is om nog ’n veloorplanting te doen.

Croucamp doen haar bes om die letsels van haar dogter se veloorplanting so goed as moontlik te laat herstel deur salf aan te smeer wat die dokters voorgeskryf het.

“Die merke van die veloorplanting is maar lelik. Ek glo daar sal altyd letsels wees, maar ek probeer my bes om dit te behandel.”

Jaydené Croucamp in die hospitaal, kort nadat sy met warm kookolie in haar ouerhuis in Port Elizabeth gebrand het.
Meer oor:  Port Elizabeth  |  Brandwonde  |  Rehabilitasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.