Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kind verdrink in plaasdam

’n 13-jarige meisie het verdrink toe sy en ’n groep maats melk op ’n plaas in die Harrismith-distrik moes gaan haal.

Ao. Loraine Earl, ’n polisiewoordvoerder, sê die kinders is deur iemand gestuur om melk op ’n buurplaas te gaan haal.

Op pad soontoe moes die kinders verby ’n plaasdam loop en het hulle besluit om eers te swem. Earl sê die meisie het in die moeilikheid beland en verdrink.

Die ander kinders het gaan hulp soek en die polisie is ontbied.

Polisieduikers van Bloemfontein het die meisie se lyk Dinsdagaand uit die water gehaal.

Die polisie kon nog nie die meisie se naam bekend maak nie.

Meer oor:  Harrismith  |  Verdrinking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.