Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kind verdrink in rivier weens watertekort

Die voortslepende diensleweringskrisis in die Maluti-a-Phofung-munisipaliteit in die Oos-Vrystaat het die naweek die lewe van ’n kind geëis toe sy water uit ’n rivier probeer skep het.

Inwoners verwag dat geweld Maandag in die gebied kan uitbreek omdat mense woedend is oor die kind se dood en die waterprobleme wat al jare lank duur.

Die agtjarige meisie en haar tienjarige broer moes Saterdag vir hul gesin gaan water skep uit ’n rivier in die Qwaqwa-gebied toe sy in die water val en verdrink.

Noodmaatreëls om die munisipaliteit se waterinfrastruktuur te herstel is in November verlede jaar deur die departement van water en sanitasie (DWS), die departement van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) en die munisipaliteit bekend gemaak.

Verskaffing van water

Van die maatreëls wat bekend gemaak is, is die verskaffing van water in tenks en die herstel van pype en pompe.

Dr. Tshediso Ntili, provinsiale bestuurder van die DWS, het toe gesê die Fika Patso-dam het minder as 10% water.

Die watervlak het egter die week op 38% gestaan.

Watersuiwering

Emile de Beer, ’n inwoner van Harrismith, sê inwoners van die dorp het Vrydag en Saterdag nie water gehad nie omdat die munisipaliteit nie chemikalieë gehad het om die water mee te suiwer nie.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, het die kind se dood bevestig en sê die gebied gaan al jare lank onder watertekorte gebuk.

Hy sê ’n geregtelike doodsondersoek sal gedoen word.

Die DA het in Desember gevra dat die gebied tot rampgebied verklaar word sodat die nasionale regering bykomende geld beskikbaar kan stel om die gebied se infrastruktuur te herstel.

Meer oor:  Kind Verdrink  |  Watertekort  |  Waterkrisis  |  Verdrinking  |  Rivier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.